Botafogo de Futebol e Regatas (Botafogo Sokker en Roei) is 'n Brasiliaanse sokkerklub wat in die Botafogo-buurt van die stad Rio de Janeiro gesetel is. Hoewel die klub aan verskeie sportsoorte deelneem, is Botafogo veral bekend vir sy sokkerspan. Die klub speel in die Campeonato Brasileiro Série A, die hoogste afdeling van die Brasiliaanse sokkerligastelsel, asook in die Campeonato Carioca, die hoogste deelstaatliga van Rio de Janeiro.

Die klub is op 1 Julie 1894 as 'n roeiklub gestig.

Verwysings

Kategorie:Rio de Janeiro Kategorie:Brasiliaanse sokkerklubs