Jair Ventura Filho (gebore 25 Desember 1944), beter bekend as Jairzinho (Portugese uitspraak: [ʒaˌiʁˈzĩɲu]), is 'n Brasiliaanse voormalige professionele sokkerspeler. Hy was 'n vinnige, vaardige en kragtige regtervleuel wat bekend was vir sy afrondingsvermoë en neus vir doele. Hy word algemeen beskou as een van die grootste Brasiliaanse sokkerspelers van alle tye.

Jairzinho het die bynaam "die Orkaan" (Portugees: o Furacão) gekry, 'n verwysing na die manier waarop sy trui tydens sy speelloopbaan in die wind gefladder het wanneer hy langs die vleuel afgestorm het.

Weens die ekonomiese en politieke omstandighede van die tyd, asook die destydse sportwetgewing, het Jairzinho die grootste deel van sy klubloopbaan in Suid-Amerika deurgebring, waar hy elf jaar lank vir die Rio de Janeiro-klub Botafogo gespeel het. In die laaste jare van sy loopbaan het hy ook in Europa vir Olympique de Marseille uitgedraf.

Hy het ook in Suid-Afrika gespeel: drie wedstryde vir Kaizer Chiefs in 1975, waarin hy sewe doele aangeteken het.

Hy het die Brasiliaanse nasionale span by drie opeenvolgende Wêreldbekertoernooie verteenwoordig: 1966, 1970 en 1974. Hy het die toernooi in 1970 gewen en was terselfdertyd Brasilië se voorste doelskieter tydens die kompetisie.

Verwysings

Kategorie:Brasiliaanse sokkerspelers Kategorie:Brasiliaanse sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense