Boegoebaai is ‘n groot inham aan die Weskus waarvoor daar planne bestaan om dit tot ‘n diepsee-hawe te ontwikkel.
Ligging Dit lê in die Richtersveld by 28° 45′ 53″ suid, 16° 33′ 35″ oos en net noord van Visagiefontien. Port Nolloth en McDougallsbaai is ‘n 60 km suid. Noordwaarts op ‘n afstand van nagenoeg 20 km is die mond van die Oranjerivier by die dorpe Alexanderbaai en Oranjemund in Namibië.
Hawe Die baai is veral geskik vir ‘n hawe weens die realtief kort afstand tussen die kuslyn en die diepsee. Daarby is die beoogde hawe nader aan mynbou- en landbouaktiwiteite as die hawens wat tans gebruik word. Daar is ook sprake van die maak van groenwaterstof in die streek en dan die uitvoer daarvan. ‘n Spoornetwerk van 550 km word in die vooruitsig gestel.
Lees ook Ernest Oppenheimerbrug Sendelingsdrif
Bibliografie https://www.globalafricanetwork.com/featured/boegoebaai-port-and-green-hydrogen-cluster/ https://www.netwerk24.com/sake/ekonomie/5-beplande-infrastruktuurprojekte-in-sa-om-dop-te-hou-20260623-0960 https://prdw.com/project/boegoebaai-port-development/ https://www.sasol.com/boegoebaai
Kategorie:Baaie van Suid-Afrika Kategorie:Hawens in Suid-Afrika