duimnael|Die Airbus A380 is ’n vastevlerkvliegtuig. Die vlerkkonfigurasie of planvorm van ’n vastevlerkvliegtuig verwys na die rangskikking van hef- of verwante oppervlakke. ’n Vastevlerkvliegtuig is ’n konvensionele vliegtuig, teenoor ’n vliegtuig waarvan die vlerke gedurende vlug draai of beweeg. Die term “planvorm” in die lugvaart verwys na die vorm van ’n voorwerp, soos ’n stroomblad, soos van bo gesien. ’n Stroomblad word omskryf as enige oppervlak, soos ’n vliegtuig se vlerk, rolroer, rigtingsroer, ensovoorts, wat ontwerp is om ’n bruikbare reaksie te verkry van die lug waardeur dit beweeg. Die term “planvorm” word gewoonlik op vlerke toegepas, naamlik of hulle reguit of teruggevou is (’n pylvlerk) of in die vorm van ’n delta is. duimnael|Die Aerospatiale Super Frelon is ’n draaivlerkvliegtuig. “Vlerk” is die gebruiklike term vir die primêre hefstroomblad of vlerk van enige vliegtuig. Die term “vlerk” is van toepassing op die volledige struktuur: dit is onakkuraat om van ’n vliegtuig se “vlerke” te praat as dit ’n eenvlerkvliegtuig is, aangesien die aërodinamiese oppervlakke weerskante van die romp as ’n enkele vlerk beskou word.

“Vlerk” is ’n algemene term wat op die stroomblad, of een van die stroomblaaie, toegepas word. Die vlerk is ontwerp om ’n groot deel van die hefkrag van ’n vaartuig swaarder as lug te ontwikkel. duimnael|Die stroomblaaie van die Douglas DC-3 bestaan uit die vlerk en die klappe (op die agterrand, links in die foto). Vliegtuigontwerpe kan volgens hulle vlerkkonfigurasie geklassifiseer word. Die Cessna Centurion word byvoorbeeld as ’n eenvlerkvliegtuig met ’n vrydraende hoë vlerk beskryf. Die stertvlerk van die tipe het ’n vaste invalshoek. Vir ’n foto van die Centurion, sien hieronder.

Getal en posisie van vlerke Die getal vlerke van ’n vastevlerkvliegtuig kan verskil. Daar is naamlik eenvlerkvliegtuie, dubbelvlerkvliegtuie, drievlerkvliegtuie, viervlerkvliegtuie en meervlerkvliegtuie. Hierdie onderskeid in die getal vlerke word in verskillende bronne weergegee.

Eenvlerkvliegtuig ’n Eenvlerkvliegtuig kan ’n lae, middel-, skouer-, hoë of sambreelvlerk hê. Jane’s World Aircraft Recognition Handbook onderskei byvoorbeeld tussen vliegtuie met lae vlerke, middelvlerke, hoë vlerke en skouervlerke.

’n Hoë vlerk word omskryf as ’n vlerk wat gelyk met die bopunt van die romp is. ’n Lae vlerk word omskryf as ’n vlerk wat gelyk met die onderkant van die romp is. ’n Middelvlerk word omskryf as ’n vlerk wat by of naby die middel van die romp geleë is. Die posisie van die skouervlerk word deur middel van die Aircraft Manufacturing Factory Mushshak geïllustreer.

Sambreelvlerk alt=Die Catalina het ’n sambreelvlerk wat bo die romp gemonteer is en deur twee klein I-profielstutte aan elke kant gesteun word.|duimnael|Die Catalina het ’n sambreelvlerk wat bo die romp gemonteer is en deur twee klein I-profielstutte aan elke kant gesteun word. ’n “Sambreelvlerk” (sinoniem parasolvlerk)  is ’n vlerk wat bo die romp gemonteer is en deur style of stutte ondersteun word.

ERKENNING

Erkenning word aan die Taaladviseur van VivA en Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verleen. “VivA” staan vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans.

’n “Sambreelvlerk” word omskryf as ’n vlerk wat met stutte bo die romp gesteun word.

Daar is ook die term parasoleenvlerkvliegtuig. ’n “Parasoleenvlerkvliegtuig” word omskryf as ’n eenvlerkvliegtuig waarvan die vlerk bo die romp is.

Dubbelvlerkvliegtuig ’n Dubbelvlerkvliegtuig word omskryf as ’n lugvaartuig met twee vlerke, dit wil sê ’n boonste en ’n laer vlerk, gewoonlik onder en bo die romp. Daar is egter vliegtuie met ander konfigurasies. In die geval van byvoorbeeld die Supermarine Walrus was altwee vlerke bo die romp. Die Antonov An-2 word as ’n voorbeeld van ’n moderne dubbelvlerkvliegtuig beskou. Die SibNIA TVS-2DTS is ’n dubbelvlerkvliegtuig van die 21ste eeu (sien “Geslote vlerk”). Dit is vir die eerste keer in 2017 by ’n Russiese lugskou gedemonstreer. Wat dubbelvlerkvliegtuie betref, kry mens ’n dubbelvlerkvliegtuig met ongelyke spanwydte, ’n anderhalfdekker, ’n omgekeerde anderhalfdekker en ’n Busemann-dubbelvlerkvliegtuig.

Dubbelvlerkvliegtuig met ongelyke spanwydte geen|duimnael|Die Curtiss JN-4 Jenny is ’n voorbeeld van’n dubbelvlerkvliegtuig met ongelyke spanwydte.

Anderhalfdekker ’n Anderhalfdekker word omskryf as ’n soort dubbelvlerkvliegtuig waarvan die oppervlakte van een vlerk minder as die helfte as dié van die ander vlerk is of as ’n dubbelvlerkvliegtuig waarvan die een vlerk, gewoonlik die laer vlerk, opvallend kleiner as die ander een is. Daar is ook omgekeerde anderhalfdekkers. geen|duimnael|Die laer vlerk van die Nieuport 17 het ’n kleiner koord, maar dieselfde spanwydte, as die boonste vlerk.

Omgekeerde anderhalfdekker geen|duimnael|Omgekeerde anderhalfdekker

Busemann-dubbelvlerkvliegtuig Die Busemann-dubbelvlerkvliegtuig is ’n teoretiese supersoniese vlerkkonfigurasie. Die beginsels waarvolgens die Busemann-dubbelvlerkvliegtuig werk, word in ’n webartikel bespreek. geen|duimnael|Busemann-dubbelvlerkvliegtuig

Dubbelvlerkvliegtuie met ’n verspringde ontwerp Daar word na verspringing in ’n dubbelvlerkvliegtuig gepraat wanneer die een vlerk effens voor die ander vlerk geplaas is. Die verspringing is positief wanneer die boonste vlerk voor die laer vlerk is en negatief wanneer die laer vlerk voor die boonste vlerk is. geen|duimnael|Die Beech Staggerwing is ’n voorbeeld van ’n vliegtuig waarvan die vlerke negatiewe verspringing het (agtertoe verspring is).

Meervlerkvliegtuie met verskillende vlerkkonfigurasies en ander tipes stroomblaaie Verder is daar drievlerkvliegtuie, viervlerkvliegtuie, meervlerkvliegtuie en kruisvormige vlakke.

Meervlerkvliegtuig duimnael|Meervlerkvliegtuig ’n Meervlerklugvaartuig word omskryf as ’n vliegtuig of sweeftuig met twee of meer stelle vlerke, die een bo die ander, insluitende dubbelvlerkvliegtuie, drievlerkvliegtuie, ensovoorts of dit beteken ’n vliegtuig met verskeie stelle vlerke, dit wil sê meer as drie (waarvoor die term “drievlerkvliegtuig” gebruik word).

Tandemvlerkvliegtuie duimnael|Caproni Ca.60-vliegboot ’n Tandemvlerkvliegtuig word omskryf as ’n vliegtuig met twee of meer stelle vlerke van in wese dieselfde oppervlakte (nie die sterteenheid ingesluit nie) wat die een voor die ander geplaas is en op ongeveer dieselfde vlak is. ’n Voorbeeld van hierdie tipe is die negevlerk-Caproni Ca.60-vliegboot, waarvan die vlerke uit drie stelle in tandem bestaan het.

Kruisvormige vlakke ’n Kruisvormige vlak is ’n vlerk- of beheerbladkonfigurasie in die vorm van ’n reghoekige kruis met gelyke spanwydtes. ’n Kruisvormige vlerk is ’n vliegtuigvlerk in die vorm van ’n kruis. Daar is byvoorbeeld missiele met kruisvormige vlakke en die X-vlerkvliegtuig.

Steun Vlerke kan selfondersteunend wees of bykomende, eksterne, steun hê.

Selfondersteunde (vrydraende) vlerke duimnael|Hoofspar van DH.60 Moth ’n “Vrydraende vlerk” (sinonieme vrydraervlerk en kantelbalkvlerk) is ’n vlerk sonder uitwendige stutte of style. Die ondersteunende struktuur is binne-in die vlerk ingebou en die vlerk is direk aan die romp geheg. Daarom is die gevestigde Afrikaanse terme:

vrydraervlerk vrydraende vlerk kantelbalkvlerk

ERKENNING duimnael|Enkelvliegtuigspar Erkenning word aan die Taaladviseur van VivA en Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verleen. “VivA” staan vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans. duimnael|Enkelvliegtuigspar Die term “vrydraende vlerk” word omskryf as ’n vlerk wat op die beginsel van ’n vrydraende balk gebou is. ’n “Vrydraende balk” word omskryf as ’n uitstekende deel waarvan die een end styf geheg is, en met die ander end wat by die steunpunt uitsteek en vry is om vertikaal te beweeg onder die invloed van vertikale laste wat tussen die vry end en die gehegte end aangewend word. ’n Vol vrydraende vliegtuigbalk (spar) is styf vas aan die romp en elke vlerkpunt is ’n vry end.

Vrydraende vlerke Let  daarop dat vrydraende vlerke direk op die romp van die vliegtuig en in die middel, hoog of laag gemonteer is. Die Junkers J.1-metaaleenvlerkvliegtuig van 1915 was een van die eerste vliegtuie wat met vrydraende vlerke gevlieg het.

Vlerke met eksterne steun Verspanning is die ondersteunende stutte en drade wat gebruik word om ’n struktuur te versterk. Vlerke met verspanning word verspande vlerke genoem en hulle kan stutverspan of draadverspan wees. ’n Stut is ’n struktuurdeel wat ontwerp is om kompressielaste te hanteer en stroombelyn is as dit aan die lugstroom blootgestel is. Daar is verspanstutte (eksterne stutte wat gebruik word om die struktuur te versterk) en tussenvlerkstutte (stutte tussen die vlerke van ’n dubbelvlerkvliegtuig).’n Verspande meervlerkvliegtuig kan een of meer “vakke” hê. Dit is kompartemente wat deur die byvoeging van tussenvlerkstutte geskep word. Die getal vakke verwys net na een kant van die vliegtuig se vlerkpanele. Sodanige vak word omskryf as die struktuur tussen twee hegpunte van die tussenvlerkverspandele van ’n dubbelvlerk- of drievlerkvliegtuig. So word daar tussen ’n dubbelvlerkvliegtuig met een vak en ’n dubbelvlerkvliegtuig met twee vakke onderskei.

Geslote vlerk In die geval van die geslote vlerk word twee stroomblaaie (vlerke) by of naby die vlerkpunte saamgevoeg. ’n Vliegtuig soos die SibNIA TVS-2DTS het ’n geslote vlerk. ’n Geslote vlerk kan uit ’n kokervlerk (wat ook uit ’n ringvormige kokervlerk kan bestaan) en ’n ringvormige (silindriese) vlerk bestaan.

Die Santos-Dumont 14-bis is ’n voorbeeld van die tipe met ’n kokervlerk (“box wing”). Hierdie vliegtuig word beskryf as ’n sterteerste-dubbelvlerkvliegtuig wat rofweg ’n boksvlieërstruktuur het. Die Blériot III-boot is ’n voorbeeld van ’n vliegtuig met 'n ringvormige kokervlerk. Die SNECMA C.450 Coléoptère word as ’n voorbeeld van ’n vliegtuig met 'n ringvormige (silindriese) vlerk gebruik.

Planvorm

Aspekverhouding Die aspekverhouding is die verhouding van die span tot die gemiddelde koord van ’n stroomblad. Dit is die verhouding van die vierkant van die maksimum span tot die totale oppervlakte van ’n stroomblad. Die aspekverhouding word soos volg onderskei:

Spankoordvariasie

Konstante koord duimnael|Die vlerk van die Piper J-3 Cub het ’n konstante koord (die voorrand en agterrand is parallel). Die koord is die langsdimensie van ’n stroombladprofiel of die lengte van daardie deel van die koordlyn wat deur die stroombladprofielgrenslyn "onderskep" word (soms word dit die koordlengte genoem). Die koordlyn is die reguit lyn deur die krommingsmiddelpunt van die voorrand en die agterrand van ’n stroomblad.

Tapsheid ’n Tapse vlerk vernou na die punt. ’n Tapse vlerk word omskryf as ’n vlerk waarvan die koord of dikte progressief van die wortel na die punt verminder. ’n Tapse vlerk is trapesoïdaal. “Trapesoïdaal” beteken dat dit die vorm van ’n driehoek het waarvan die een hoek afgesny is. Die XF-91 Thunderceptor het ’n vlerk met omgekeerde tapsheid. Die Westland Lysander is 'n voorbeeld van 'n vliegtug met saamgestelde tapsheid. Hierdie tipe het omgekeerde tapsheid na die wortel van die vlerk.

Die vorm van ’n vlerk Daar word tussen ’n deltavlerk, reguit vlerk, pylvlerk (teruggevoude vlerk), mikvlerk (vorentoe gevou) en vlerk met ’n veranderlike vorm onderskei.

Deltavlerk Die deltavlerk word omskryf as ’n driehoekvormige stroomblad met ’n lae aspekverhouding en wat ’n tapse voorrand en reguit agterrand het. As die vorm van die vlerk soortgelyk is aan twee driehoeke wat saamgeplaas is, word dit ’n dubbeldelta genoem.

Verskillende vlerkvorme

Spanterugvouvariasie

Assimetriese vliegtuie

Stertvlerke, tandemvlerke en voorvlerke Hier word daar van stertvlerke, voorvlerke, tandemvlerke, drie oppervlakke, buitesterte en stertlose vliegtuie gepraat.

Stertvlerk duimnael|Hier word die stertvlerke op twee verskillende vliegtuie gesien.