Andrew Murray Burnham (gebore 7 Januarie 1970) is 'n Britse politikus wat sedert 20 Julie 2026 die Eerste minister van die Verenigde Koninkryk dien. Hy is amptelik 'n lid van die Arbeiders- en Koöperatiewe Party (Labour Co-operative) en is in Julie 2026 as leier van die Britse Arbeidersparty verkies, as 'n opvolger van Keir Starmer, kort voordat hy deur die Koning Charles III as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk aangestel is. Hy is 'n parlementslid vir die kiesafdeling Makerfield in die metropolitaanse graafskap Grooter Manchester, waar hy van 2017 tot 2026 as burgemeester gedien het.
Burnham identifiseer homself as 'n sosialis en word algemeen beskou as deel van die sosialistiese tradisie binne die Britse politiek. Hy het dikwels gepleit vir groter openbare belegging, sterker openbare dienste en meer mag vir plaaslike gemeenskappe en streeksowerhede. In sy eerste toespraak buite Downingstraat nommer 10 het hy belowe om haweloosheid in die Verenigde Koninkryk te beëindig.
Verwysings
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Britse politici