duimnael|Andrea De Cesaris in 1982. Andrea de Cesaris (31 Mei 1959, Rome – 5 Oktober 2014 aldaar) was 'n Italiaanse Formule 1-jaer Hy het in die 1980-seisoen met die Alfa Romeo-span gedebuteer, 208 Grand Prix-wedrenne begin en die eerste en enigste voorste wegspringposisie van sy loopbaan in 1982 by die Verenigde State Grand Prix in Long Beach verseker. Sy beste resultaat was die tweede plek wat hy by die Suid-Afrikaanse Grand Prix en die Duitse Grand Prix in 1983 behaal het. As 'n Formule 1-jaer hou De Cesaris die rekord vir die meeste wegspronge sonder om 'n oorwinning te behaal.

Na sy renloopbaan het De Cesaris in Monaco gewoon en sy brood verdien met valutahandel. Daarbenewens het hy baie tyd aan sy stokperdjie gewy: seilplankry.

De Cesaris is op 5 Oktober 2014 op die ouderdom van 55 oorlede aan die gevolge van 'n motorfietsongeluk.

Kategorie:Italiaanse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Sterftes in 2014 Kategorie:Formule Een-renjaers