George Kusche (gebore 6 Augustus 1998) is 'n Suid-Afrikaanse langafstand- en ultramarathonatleet. Hy het internasionale erkenning verwerf as middel- en langafstandatleet voordat hy hom op padwedlope en ultramarathons toegespits het. Op 14 Junie 2026 het hy die Comrades-marathon gewen en 'n nuwe rekord vir die opwedloop opgestel met 'n tyd van 5:15:56.

Vroeë lewe Kusche het grootgeword in Malalane, ‘n klein dorp naby die Kruger Nasionale Park. Nadat hy sy primêre skoolloopbaan in Malalane voltooi het, het hy die Afrikaanse Hoër Seunskool bygewoon. In 2017 het hy aan die Universiteit van Pretoria begin studeer en dieselfde jaar dubbele kampioen status tydens die Suid-Afrikaanse Junior Atletiek Kampioenskap behaal in beide die 800 meter en 1 500 meter.Koos Venter, 19 Junie 2026. Pretoria athlete breaks Comrades record. Rekord.

Loopbaan Kusche het aanvanklik as baanatleet uitgeblink. Volgens Wêreldatletiek is sy persoonlike beste tye onder meer 13:28,95 vir 5 000 meter en 3:58,24 vir die myl binnenshuis.

Hy het later na padwedlope en marathons oorgeskakel. Sy beste amptelike marathontyd was 2:20:12, opgestel tydens die Kaapstad-marathon in 2024.

Comrades-marathon Kusche het sy Comrades-debuut in 2025 gemaak en twaalfde geëindig in 'n tyd van 5:41:23.

In 2026 het Kusche die 99ste Comrades-marathon, die opwedloop van Durban na Pietermaritzburg, gewen. Hy het die wedloop in 5:15:56 voltooi en daarmee die bestaande opwedlooprekord van 5:24:49, wat sedert 2008 deur die Rus Leonid Sjwetsof gehou is, met bykans nege minute verbeter.

Sy oorwinning was besonder merkwaardig omdat dit slegs sy tweede deelname aan die Comrades was. Kusche het ook die vinnigste gemiddelde tempo nóg in die geskiedenis van die Comrades-marathon behaal.

Persoonlike beste tye

Item Tyd Jaar 1 myl (binnenshuis) 3:58,24 2021 5 000 meter 13:28,95 2021 Maraton 2:20:12 2024 Comrades-maraton 5:15:56 2026

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Suid-Afrikaanse langafstandatlete Kategorie:Suid-Afrikaanse maratonatlete Kategorie:Comrades-marathon-manswenners Kategorie:Geboortes in 1998 Kategorie:Lewende mense