duimnael|Portret van Friedrich Hoffmann. Hoffmanndruppels (spiritus aetheris compositus) was een van die belangrikste Hollandse medisyne in die Voortrekkers se huisapteek.
Dit het bestaan uit ‘n mengsel van eter, alkohol en vlugtige olies en is gebruik by floutes, senuagtigheid, die verligting van krampe en as pynstiller. Gewoonlik is dit gedrink in ‘n glas water met ‘n 20 tot 30 van die druppels.
Hierdie geneesmiddel is in 1704 uitgevind deur Friedrich Hoffmann (*Halle, Saale, Duitsland, 19 Februarie 1660 - †Halle, 12 November 1742) ‘n Duitse geneesheer. Ook was hy een van die eerste dokters wat die simptome van blindedermontsteking en rubella (Duitse masels) beskryf het.
Bronnelys https://bcmj.org/back-page/ethermaniacs
Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Voortrekkers