Hloma Amabutho (ook bekend as: Hlomo Amabutho, KwaMatiwane, of Heuwel van Teregstelling) is die plek waar tydens die regeerperiode van koning Dingaan terdoodveroordeeldes tereggestel is.

Hierdie koppie tussen Ulundi en Babanango in die Makhosinivallei met die Nzololospruit is by 28° 25′ suid, 31° 15′ oos, net noordoos van uMgungundlovu. Nou is dit deel van die terrein van die Mgungundlovu-museum.

Die terrein was besaai van die doodsbeendere van die duisende slagoffers. Hul lyke is oorgelaat aan die aasvoëls en roofdiere.

Naam Hloma Amabutho kan vertaal word as “die plek waar die impi’s bymekaar gekom het om te oefen en bewapen word”. Ander name vir die plek is kwaMatiwane (die plek waar kapt. Matiwane gesterf het), Umbulalayo (die doodmaakplek), Aasvoëlkop en Moordkoppie.

Lees ook Piet Retief Dingaanstat

Bronnelys Kruger, D.W. (red.): Geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Nasou, 1966 Swart, Marius, e.a.: A monument to Piet Retief. In: Lantern. Kultuurtydskrif. Jaargang 41, nr. 1, Februarie 1992

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Groot Trek