duimnael|upright=1.2|'n Versameling tuis- en handheld-videospeletjiekonsoles by die Computerspielemuseum in Berlyn.

Die geskiedenis van videospeletjies het in die 1950s en 1960s beginsoos rekenaarwetenskaplikes begin het om eenvoudige speletjies en simulasies op minirekenaars en hoofraamrekenaars te ontwerp. Spacewar! was ontwikkel deur Massachusetts Institute of Technology (MIT) student-stokperdjie-entoesiaste in 1962 as een van die eerste sulke speletjies op 'n videoskerm.

Kort geskiedenis Videospeletjies het hul debuut in die vroeë 1950’s gemaak, nie in alledaagse huise nie, maar in laboratoriums. Tydens die 1940’s tot die vroeë 1950’s, was rekenaars geweldig groot en duur, en kon 'n hele vertrek volstaan, dus kon slegs universiteite en groot maatskappye rekenaars bekostig.

Die Britse professor A. S. Douglas van die Universiteit van Cambridge in die VSA, het die heel eerste rekenaarspeletjie, as deel van sy doktorale verhandeling in 1952 geskep. Hierdie speletjie staan vandag wêreldwyd bekend as “Kringetjies en kruisies”. Daarna het William Higinbotham in 1958 die speletjie “Tennis vir twee” ontwerp, wat hy in die Brookhaven Nasionale Laboratorium in Uptown, New York uitgestal het.

Die derde rekenaarspeletjie wat sy vlerke gesprei het, was Steve Russel se “Spacewar”. Hy het in 1962 as deel van 'n groep studente by MIT (Massachusetts Instituut van Tegnologie) hierdie speletjie geskep wat op die PDP-1 rekenaar gespeel kon word. Dit was die heel eerste speletjie wat op veelvuldige rekenaars gelyktydig gespeel kon word. links|duimnael|207x207px|Die Bruin Boks Alhoewel “Spacewar” 'n sukses was, was dit nooit bedoel om aan die publiek vrygestel te word nie, aangesien rekenaars steeds 'n onbekostigbare item vir persoonlike gebruik was. Indien jy die speletjie wou speel, het jy toegang tot 'n navorsingsfasiliteit se rekenaar nodig gehad.

In 1967 is “die bruin boks” gebore. Hierdie was die wêreld se heel eerste prototipe van wat ons vandag ken as die moderne Xbox of PlayStation. Hierdie toestel is geskep en ontwikkel deur Sanders Associates Inc, onder leiding van Ralph Baer. Hy word beskou as die vader van rekenaarspeletjies. In 1972 is dit aan die publiek as die “Magnavox Odyssey” (of net "Odyssey" vir kort) bemark.duimnael|Magnavox Odyssey tuiskonsole Met minder as 200 000 eenhede verkoop, is Magnavox Odyssey nie as 'n kommersiële sukses beskou nie. Van die bydraende faktore, het swak bemarking die grootste rol gespeel. Baie potensiële verbruikers was onder die indruk dat Odyssey net op Magnavox-televisies sou werk. Uiteindelik was die probleem dat Magnavox Odyssey gesien was as 'n foefie om meer televisiestelle te verkoop. Bestuurders by Magnavox het nie die visie gehad om te sien dat televisiespeletjies die potensiaal het om 'n onafhanklike bedryf te word nie, en het nie die produk die ondersteuning gegee wat dit benodig gehad het nie.

Nolan Bushnell, geïnspireer deur "Spacewar", het hy probeer om die spel te kommersialiseer. Met sy agtergrond in vermaak-arkades, het Bushnell geglo dat "Spacewar" kon slaag as 'n munt-aangedrewe masjien. In 1971 het Nutting Associates sy konsep as "Computer Space" vrygestel. Die speletjie was egter te kompleks vir spelers en het misluk.

Ten spyte van hierdie terugslag, het Bushnell vol vertroue gebly in die potensiaal van videospeletjies wat deur muntstukke gedryf word. Nadat hy Magnavox Odyssey se tafeltennisspeletjie in 1972 gesien het, het hy en Ted Dabney, Atari Inc. gestig. Hulle het "Pong" vrygestel, 'n arkade pingpong-speletjie, wat 'n onmiddellike treffer geword het. Die eerste Pong-masjien, wat in 'n Sunnyvale-kroeg geïnstalleer is, het sy geldkas vinnig met munte gevul.

In 1975 het Atari met Sears saamgewerk om 'n tuisweergawe van Pong te vervaardig. Alhoewel Magnavox vir Atari gedagvaar het vir patentskending en 'n sterk saak gehad het, het Atari geskik. Die tuisweergawe van Pong was baie suksesvol en het in 1975, 150 000 eenhede verkoop. Ander maatskappye het ook begin om Pong-klone te maak, en selfs Magnavox het sy Odyssey vir die tennis- en hokkiespeletjies aangepas. Die suksesvolste van hierdie vroeë konsoles was Coleco Telstar, deels danksy Ralph Baer se aanbeveling om General Instruments se AY-3-8500-skyfie te gebruik.

Coleco het 'n krisis in die gesig gestaar toe Telstar FCC-inmengingstoetse (wat die hoeveelheid radiasie wat deur die toestel vrygestelword meet) gedruip het, maar die probleem is met behulp van Baer opgelos en FCC-goedkeuring is later verkry. Telstar het in 1976 meer as 'n miljoen eenhede verkoop voordat dit oorskadu is deur tweedegenerasie-konsoles soos die Atari 2600, Intellivision en ColecoVision, wat uitruilbare speletjiepatrone bevat het.

Die mark het egter oorversadig geraak met te veel speletjies en konsoles van lae gehalte, wat gelei het tot 'n beduidende industrie-ineenstorting, vererger deur die opkoms van tuisrekenaars soos die Apple II en Commodore 64, wat speletjies kan speel en ander programme kan laai.

Teen 1983-1984 het videospeletjiekonsoleverkope gedaal, en baie maatskappye het die mark verlaat. Die bekendstelling van die Nintendo Entertainment System (NES) in 1985 het egter die bedryf laat herleef. Die NES se gewildheid het videospeletjies as 'n hoofstroom vermaaklikheidsmedium vasgemaak, wat Ralph Baer se vroeë voorspellings vervul het.History (1 September 2017); History.com Editors (https://www.history.com/topics/inventions/history-of-video-games#the-early-days)besoek op 20 Oktober 2024

Die evolusie van arkadespeletjies Pocket 7 Games (30 Mei 2024): Matthew M(https://www.pocket7games.com/post/evolution-of-gaming-platforms-from-arcade-to-modern-era) Besoek op 7 Augustus 2024 Arkadespeletjies het begin vlamvat onder die jonger generasie vanaf die 1970's, dit het die kulturele grondslag van die dobbelbedryf geword. Arkades was nie net vir die speel van arkadespeletjies nie, dit het ook 'n sosiale spilpunt geword want die gewildste speletjieplatforms was waar mense vroeër ontmoet, gekuier en met ander spelers meegeding het.

Arkadespeletjies was hoofsaaklik gemik op tieners en jong volwassenes. Sommige van die gewildste arkadespeletjies sluit Pong, Borrelskiet, Space Invaders en PAC-MAN in. Al is arkadespeletjies nie meer so gewild as wat dit op 'n tyd was nie, word dit steeds wêreldwyd deur baie mense gespeel, veral deur mense wat van speletjies hou met minder ingewikkelde kontroles.

Die maatskappy AVIA het 'n gratis borrelskiet-speletjie genaamd Bubble Buzz ontwikkel wat geïnspireer is deur arkadespeletjies, met 'n kinkel van moderne era-ontwerp en opgedateerde spel wat spelers laat terugkeer vir meer. Die speletjies het baie geld gemaak en die gier vir arkademasjienspeletjies het gelei tot die ontwikkeling van beter tegnologie en so ook die vraag na tuisspeletjiestelsels.

Soos die gewildheid van die arkadespeletjies duidelik geword het, het mense gesmag na tuisspeletjiestelsels. In die 1980's het tuiskonsoles ontstaan. Stelsels soos die Atari 2600 en die ontdekking van ikoniese konsoles soos die Nintendo Entertainment System (NES) en Sega Genesis het uiteindelik speletjies vervaardig wat op dié konsoles gespeel kon word.

Daarbenewens het die beheerders van hierdie speletjiekonsoles die speletjie-ervaring merkwaardig verbeter deurdat spelers meer beheer oor hul aksies binne die speletjie kon hê. Maatskappye produseer steeds tonne speletjiekonsoles, veral dié wat voorlopers in die veld is, naamlik die Sony PlayStation, Xbox Series X en selfs die Nintendo Switch. Hulle het selfs hul eie gemeenskap gebou soos die PlayStation Network en Xbox-speletjiepas om spelers met ander te laat kontak maak terwyl die maatskappy hul eie wins genereer deur middel van intekeningsdienste wat toegang tot hul eie speletjiebiblioteke gee.

Die vooruitgang van beheerders en die hele speltegnologie het spelinteraksie meer boeiend gemaak, aangesien spelers meer komplekse bewegings en strategieë as ooit tevore kon uitvoer. Hierdie konsoles het bekende speletjies bekendgestel soos 8-bal, Mario-speletjies, Tetris-videospeletjie en ander multispelerspeletjies.

Speletjies wat eens beperk was tot vroeë tuiskonsoles en arkademasjiene, het nou ontwikkel tot 'n veelvuldige en uiters toeganklike stokperdjie, wat lei tot die innovasie van die spelbedryf binne die spelplatforms. Speletjieontwikkelaars het aanhoudend die grense van tegnologie uitgebrei om meer praktiese en visueel aantreklike speletjies te skep wat tot die ontwikkeling van 3D-speletjies gelei het.Dit sluit die innovasie van CD-ROM-tegnologie in, wat meer berging bied vir saamgestelde speletjies eerder as tradisionele patrone. Hierdie transformasie vernuwe die hele bedryf en word 'n belangrike deel van die videospeletjie-ontwikkelingsgeskiedenis.

Die 9 generasies van videospeletjiekonsoles (tydlyn)Game Champions (25 Augustus 2023); Alex Cabal (https://www.gamechampions.com/en/blog/the-evolution-of-gaming-consoles/)

Besoek op 7 Augustus 2024 Eerste generasie: 1972-1977 Magnavox Odyssey (1972):

Eerste tuisvideospeletjiekonsole. Geskep deur Ralph Baer, die "Vader van videospeletjies". Arkade-speletjies in huise gebring.

Atari Pong (1975):

Eerste kommersieel suksesvolle videospeletjiekonsole. Het die arkade-speletjie-gier laat ontstaan. Meer as 35 000 Pong-masjiene verkoop. Die grondslag gelê vir toekomstige spelkonsoles.

Tweede generasie: 1976-1983 Atari 2600 (1977):

Verwisselbare speletjie-patrone bekendgestel. Bekend vir ikoniese speletjies soos Space Invaders en Pac-Man.

Derde generasie: 1983-1992 Nintendo Entertainment System (NES) (1983):

Herleef die dobbelbedryf na 1983-ongeluk. Gewilde speletjiebeheerders met rigtingblokkies.

Sega Master System (1985):

Mededinger vir die NES.

Vierdie generasie: 1987-1996 Super Nintendo Entertainment System (SNES) (1990):

Verbeterde grafika en klank vermoëns oor die NES. Het kompetisie van die Sega Genesis ondervind.

Sega Genesis (1988):

Is betrokke by die konsole-oorloë met die SNES.

Vyfde generasie: 1993-2005 Sony PlayStation (1994):

CD-gebaseerde speletjies bekendgestel, wat groter en meer gedetailleerde speletjies moontlik maak. Gewilde 3D-grafika.

Nintendo 64 (1996):

Revolusioneer speletjies met 3D-ervarings. Het die analoog stokbeheerder bekendgestel. Voorsien innoverende multispeler-vermoëns met vier kontroleerderpoorte.

Sesde generasie: 1998-2003 Sega Dreamcast (1998):

Aanlyn speletjies bekendgestel met 'n ingeboude modem. Het strawwe kompetisie in die gesig gestaar en uiteindelik daartoe gelei dat Sega die hardeware-onderneming verlaat het.

PlayStation 2 (2000):

Het die topverkoperkonsole van alle tye geword. DVD-terugspeel vermoëns ingestel. Bekend vir 'n uitgebreide en diverse speletjie-biblioteek.

Sewende generasie: 2005-2013 Xbox 360 (2005):

Hoë-definisie speletjies en aanlyn veelvuldigespelersvermoëns.

PlayStation 3 (2006):

Bekend vir eksklusiewe speletjietitels en multimedia-vermoëns.

Agtste generasie: 2012-2020 Wii U (2012):

Het tweede skermspeletjies met die GamePad bekendgestel. Gekonfronteer met beperkte derdeparty-ondersteuning en gemengde ontvangs.

PlayStation 4 (2013):

Verbeterde grafika en verwerkingskrag. Bekend vir bekroonde speletjies soos "Uncharted 4" en "God of War".

Xbox 1 (2013):

Kragtige hardeware met 'n agt-kern verwerker en toegewyde grafiese verwerkingseenheid. Geïntegreerde Kinect-bewegingsensor.

Negende generasie: 2020-hede PlayStation 5 (2020):

Hoogs verwag en beduidende skaarsheid in die gesig gestaar tydens vrystelling. Kragtige hardeware met pasgemaakte agt-kern AMD Zen 2 CPU en AMD RDNA 2 GPU. "DualSense"-beheerder bekendgestel. Bekend vir eksklusiewe speletjies soos "Spider-Man: Miles Morales" en "Demon's Souls".

Xbox Series X (2020):

Hoë aanvraag en beperkte beskikbaarheid by vrystelling. Xbox draadlose beheerder met verbeterde ergonomie. Bekend vir eksklusiewe speletjies soos "Halo Infinite" en "Forza Horizon 4".