Die galjoenblom (Lobelia valida) is 'n klein struik wat deel van die Campanulaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf De Hoop-natuurreservaat tot by Stilbaai voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 460 km². Daar is tien bevolkings bekend wat bedreig word deur indringerplante en ontwikkeling aan die kus. Die plant blom van November tot April.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

valida Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika