thumb|450px|Die Geneefse Sterrewag. Die Geneefse Sterrewag of Sterrewag van Genève (Frans: L'Observatoire de Genève, Duits: Die Sternwarte Genf) is 'n sterrewag in die kanton Genève, Switserland. Dit help om eksoplanete te ontdek, in sterrefotometrie, om modelle te maak vir sterevolusie, en dit was betrokke by die Europese Ruimteagentskap se Hipparcos-, INTEGRAL-, Gaia- en Plancksendings.
In 1995 het twee wetenskaplikes van die sterrewag, Michel Mayor en Didier Queloz, die eerste eksoplaneet om 'n hoofreeksster, 51 Pegasi b, met 'n teleskoop in Frankryk ontdek met behulp van die radialesnelheidsmetode. Mayor en Queloz het in 2019 (die helfte van) die Nobelprys vir fisika ontvang vir die ontdekking.
Die sterrewag werk benewens met sy eie teleskoop ook met die Leonhard Euler-teleskoop van 1,2 m. In samewerking met die Belgiese Universiteit van Luik, ondersteun dit TRAPPIST, 'n teleskoop van 0,6 m wat soek na komete en ekoplanete. Albei laasgenoemde teleskope is geleë op die terrein van die Europese Suidelike Sterrewag se La Silla-sterrewag in Chili. TRAPPIST was in 2010 betrokke by die omstrede vergelyking tussen die groottes van die twee dwergplanete Eris en Pluto.Kelly Beatty - Former 'tenth planet' may be smaller than Pluto (November 2010) - Newscientist.com
Verwysings
Skakels
Kategorie:Sterrewagte