thumb|300px|'n Panorama van Gemini-Suid. thumb|180px|Gemini-Noord met sy koepel oop.
Die Geministerrewag bestaan uit twee teleskope van 8,1 m elk, Gemini-Noord en Gemini-Suid, wat onderskeidelik in Hawaii en Chili geleë is. Die twee teleskope bied uitgebreide dekking van die noordelike en suidelike naglug en is van die gevorderdste optiese/infrarooi teleskope vandag.
Die sterrewag word besit en beheer deur die NSF van die VSA, die grootste geldbydraer; die nasionale navorsingsraad van Kanada; CONICYT van Chili; MCTI van Brasilië; MCTIP van Argentinië; en KASI van die Republiek Korea. Die NSF se NOIRLab is die Amerikaanse nasionale sentrum vir grondgebaseerde, nagtelike optiese sterrekunde en bestuur Gemini as een van sy programme.
Beskrywing Die Gemini-teleskope is toegerus met moderne instrumente en blink uit in optiese en naby-infrarooi werkverrigting. Hulle gebruik aanpassingsoptiek om atmosferiese vervaging teen te werk. Gemini is veral ’n leier in infrarooi beeldvorming deur wyeveld-aanpassingsoptiek en het onlangs die Gemini Planet Imager in gebruik geneem, wat navorsers in staat stel om eksoplanete direk waar te neem en te bestudeer ondanks hulle uiterse dofheid in vergelyking met hulle moedersterre. Gemini ondersteun navorsing oor verskeie domeine: van moderne sterrekunde, insluitend die Sonnestelsel, eksoplanete, stervorming en , sterrestelselstruktuur en , supermassiewe swartkolke, verafgeleë kwasars en die struktuur van die heelal op groot skaal.
Voorheen was Australië en die Verenigde Koninkryk ook betrokke by die Geminivennootskap. Die VK het egter sy befondsing aan die einde van 2012 onttrek. In reaksie hierop het die sterrewag bedryfskoste aansienlik verminder, bedrywighede vaartbelyn gemaak en energiebesparende maatreëls op albei terreine ingestel.
Daarbenewens word albei teleskope nou op afstand beheer van sentrums in Hilo, Hawaii, en La Serena, Chili. KASI het in 2018 ’n ooreenkoms onderteken om ’n volle deelnemer van die sterrewag te word.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Sterrewagte