Die Verdrag vir ‘n Kernwapenvrye Sone van Afrika, ook bekend as die Verdrag van Pelindaba, vestig 'n Afrika-kernwapenvrye sone in Afrika. Die verdrag is in 1996 onderteken en het in werking getree met die 28ste bekragtiging op 15 Julie 2009.

Die verdrag se informele naam, Pelindaba, verwys na die plek waar dit op 2 Junie 1995 deur die Organisasie vir Afrika-eenheid aangeneem is,African Nuclear-Weapon-Free Zone Treaty and Protocols wat die terrein is van Suid-Afrika se hoofkernavorsingsfasiliteit, histories die plek waar Suid-Afrika se kernwapens ontwikkel, vervaardig en gestoor is totdat hulle in 1989 afgetakel is.Von Wielligh, N. & von Wielligh-Steyn, L. (2015). The Bomb – South Africa’s Nuclear Weapons Programme. Pretoria: Litera.

Verdragsraamwerk Die Verdrag verbied die navorsing, ontwikkeling, vervaardiging, opgaar, verkryging, toetsing, besit, beheer of plasing van kernploftoestelle in die gebied van partye by die Verdrag en die storting van radioaktiewe afval in die Afrika-sone deur Verdragspartye. Die Verdrag verbied ook enige aanval op kerninstallasies in die sone deur Verdragspartye en vereis dat hulle die hoogste standaarde van fisiese beskerming van kernmateriaal, fasiliteite en toerusting, wat uitsluitlik vir vreedsame doeleindes gebruik moet word, handhaaf. Die Verdrag vereis dat alle partye die volle omvang van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) se waarborge op al hul vreedsame kernaktiwiteite moet toepas. 'n Meganisme om nakoming te verifieer, insluitend die stigting van die Afrika-Kommissie oor Kernenergie, is deur die Verdrag ingestel. Die kantoor daarvan sal in Suid-Afrika wees. Die Verdrag bevestig die reg van elke party om self te besluit of besoeke deur buitelandse skepe en vliegtuie aan sy hawens en vliegvelde toegelaat word, handhaaf uitdruklik die vryheid van navigasie op die oop see en beïnvloed nie die regte op deurgang deur territoriale waters wat deur internasionale reg gewaarborg word nie.

Toepassingsgebied "'n Kernwapenvrye sone in Afrika" beteken die gebied van die vasteland van Afrika, eilandstate wat lede van die OAE is, en alle eilande wat deur die Organisasie van Afrika-Eenheid in sy resolusies as deel van Afrika beskou word; "Gebied" beteken die landgebied, interne waters, territoriale seë en argipelwaters en die lugruim daarbo, sowel as die seebodem en ondergrond daaronder. Die Kernwapenvrye Sone in Afrika (ANWFZ) dek die hele vasteland van Afrika, sowel as die volgende eilande: Agaléga-eilande, Bassas da India, Kaap Verde, Kanariese Eilande, Cargados Carajos, Chagos-argipel - Diego Garcia, Comore, Europa-eiland, Juan de Nova, Madagaskar, Mauritius, Mayotte, Prins Edward- en Marion-eilande, São Tomé en Príncipe, Réunion, Rodrigues-eiland, Seychelle, Tromelin-eiland, en Zanzibar- en Pemba-eilande.

Hierdie lys noem nie die middel-oseaan-eilande St. Helena 1 900 km wes van suidelike Angola of sy afhanklikhede, insluitend Ascension-eiland en Tristan da Cunha, Bouvet-eiland 2 500 km suidwes van Kaapstad, die Crozet-eilande 2 350 km suid van Madagaskar, Kerguelen, of Île Amsterdam en Île Saint-Paul nie, wat (saam met Amerikaans-Samoa in die Stille Oseaan) die enigste lande in die Suidelike Halfrond is wat nie in enige van die Kernwapenvrye Sones is nie.

Geskiedenis Die soeke na 'n kernvrye Afrika het begin toe die Organisasie van Afrika-Eenheid formeel sy begeerte vir 'n verdrag wat Afrika as 'n kernwapenvrye gebied sou verseker, tydens sy eerste beraad in Kaïro in Julie 1964 verklaar het. Die verdrag is op 11 April 1996 in Kaïro, Egipte, vir ondertekening oopgestel. Al die state van Afrika kwalifiseer om partye by die verdrag te word, wat in werking sal tree met die 28ste bekragtiging daarvan; die protokolle sal ook op daardie tydstip in werking tree vir die protokolondertekenaars wat hul bekragtigingsinstrumente neergelê het. Daar is in 1996 berig dat geen Afrika-Arabiese staat die verdrag sou bekragtig totdat Israel] sy kernwapenprogram laat vaar nie. Algerië, Libië en Mauritanië het egter sedertdien die verdrag bekragtig.

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het in 1997 (twee keer),VN dokument, A-RES-51-53, Resolusie, Algemene Vergadering sessie 51 ,besoek 2007-08-23VN dokument, A-RES-52-46, Resolusie Algemene Vergadering sessie 52, besoek 2007-08-231999,VN dokument A-RES-54-48, Resolusie, Algemene Vergadering, sessie 54, besoek 2007-08-23 2001, VN dokument, A-RES-56-17, Resolusie Algemene Vergadering sessie 56, besoek 2007-08-23 2003,VN dokument, A-RES-58-30, Resolusie, Algemene Vergadering, sessie 58, besoek 2007-08-23 en 2005 VN dokument, A-RES-60-49, Resolusie , Algemene Vergadering, sessie 60. besoek 2007-08-23 sonder stemming identiese resolusies aangeneem wat Afrikastate wat dit nog nie gedoen het nie, versoek om die Verdrag so gou as moontlik te onderteken en te bekragtig sodat dit sonder versuim in werking kan tree, en dat State wat in Protokol III beoog word, alle nodige maatreëls moet tref om die spoedige toepassing daarvan te verseker. 'n Resolusie is in 1995 aangeneem ter ondersteuning van die finale teks van die Verdrag.VN dokument, A-RES-50-78, Resolusie, Algemene Vergadering, sessie 50, besoek 2007-08-23

State wat die verdrag bekragtig het of daartoe toegetree het Teen Mei 2022 is die verdrag deur 44 state bekragtig, en het dit op 15 Julie 2009 in werking getree. Staat Onderteken Gedeponeer Metode Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Toetrede Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Toetrede Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging Bekragtiging

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Afrika Kategorie:Verdrae