thumb|Dominoteëls Hier volg 'n lys dominoterme. Benewens die woorde hieronder is daar baie streek- en plaaslike woorde. Die terme hier onder geld vir 'n wye reeks dominospeletjies en is nie tot 'n sekere spel beperk nie.

A Aas Die end (of vierkant) van 'n teël wat met een kolletjie gemerk is.Domino Glossary at domino-play.com. Besoek op 26 Desember 2020.

Agterkant Ook die rugkant van 'n teël sonder dat die kolletjies of verdeler sigbaar is. Dit is dieselfde op elke teël.Glossary of Domino Terms by pagat.com. Besoek op 26 Desember 2020.

Arm 'n Enkele reguit lyn teëls in die tablo.

B Blokkeer Om 'n teël te speel waarby die teenstander nie kan aanlas nie. Dit is dan 'n geblokkeerde spel.

Blokkeerspel 'n Dominospeletjie waarvan die doel is om 'n end met dieselfde waarde aan te las aan dié van 'n teël wat in die uitleg is met die doel om die teenstander te blokkeer.

Boom 'n Uitleg waarin elke dubbel 'n nuwe tak kan begin vorm.

D Domino 'n Teël in die spel. Ook 'n "steentjie" genoem. Die persoon wat gewen het. Die dubbel-1 (  ). "Domino maak" is om die laaste teël uit te sit.

Dominostel 'n Hele stel dominoteëls (altesaam 28), met al die waardes van dubbel-0 tot dubbel-6.

Drie Die end van 'n teël met drie kolletjies.

Dubbel 'n Teël waarvan albei vierkante dieselfde waarde het, soos 'n dubbel-6 (  ).

Dubbelspel 'n Spel met vier spelers.

E End Een van die twee kante aan die gesigkant van 'n domino wat deur 'n lyn verdeel word. Alle vierkante met dieselfde waarde vorm 'n soort.

Enkelspel 'n Spel met twee spelers of een met vier spelers wat nie in 'n vennootskap is nie.

G Gesig Die bokant van 'n teël wat die waarde, of getal kolletjies, en die verdeler wys.

H Hand Die stel teëls wat aan elke speler behoort. Dit word gewoonlik nie in die hand gehou nie, maar voor hom neergesit.Glossary of Domino Terms at domino-games.com. Besoek op 26 Desember 2020. 'n Ronde.

K Kaarte 'n Tegniese naam vir dominoteëls. Ook steentjies genoem.

Kant Een van twee spanne in 'n spel. Een van die langer sye van 'n teël, in teenstelling met 'n end.

Kolletjies Die merke waarmee die waarde van die teël aangedui word.

L Leier Die speler wat die eerste teël neerlê.

Lig Met 'n lae waarde. 'n "Ligte" teël is een met min kolletjies en die "ligte end" van 'n teël is die end met die laagste waarde. In sommige speletjies begin die speler met die ligste teël speel.

Lyn 'n Uitleg met twee oop ente, in vergelyking met 'n arm, wat net een het.

M Man oorboord Dit word gesê as 'n speler geen teël in sy hand het om mee te speel nie en uit die voorraad moet trek.

N Nul 'n End sonder kolletjies. Ook 'n zero genoem.

O Oortrek Om meer teëls uit die voorraad te trek as wat jy nodig het of om een te trek as dit nie nodig is nie. Dit is gewoonlik ontoelaatbaar.

P Pak Sien Dominostel.

Poel Die voorraad. Die houer vir die voorraad.

R Ronde 'n Siklus tydens 'n spel waarin elke speler 'n teël op die tafel plaas, uit die voorraad trek, uitsit of 'n ander aksie uitvoer as dit sy beurt is. Sien ook Hand en Spel.

Rugkant Sien Agterkant

S Skommel Om die omgekeerde teëls aan die begin van 'n ronde te meng.

Soort Die waarde van 'n sekere end. Al die ente met dieselfde waarde, soos die viers, sewes, ensovoorts.

Speelmaat Die speler wat saam met jou teen jou teeenstanders speel.

Spel 'n Dominospel is 'n sessie met twee of vier spelers volgens 'n spesifieke stel reëls.

Spinner Die eerste dubbel wat in 'n spel gespeel word in sekere soorte domino. 'n Dubbel wat gewoonlik teen 'n regte hoek met die vorige teël geplaas word sodat arms van albei ente en die oop kant uitgebrei kan word. In sommige speletjies kan jy die dubbel in sy lengte of breedte plaas; dit word 'n spinner wanneer daar aan albei kante of ente aangelas word.

Steentjie Sien Domino

Stol Om die laaste end van 'n soort te speel en dié soort aan albei kante van die tablo oop te los om so te keer dat die spel kan voortgaan.

Swaar Met 'n hoë waarde. 'n "Swaar" teël of end is een met baie kolletjies. Die end van 'n teël met die grootste getal kolletjies is die "swaar end". In sommige speletjies begin die speler met die swaarste teël eerste.

T Tablo Die uitleg met die teëls met hulle gesigkante na bo. Al die uitlegte op die tafel.

Trek Om 'n teël uit die voorraad te haal om verder te kan speel.

Twee Die end van 'n teël met twee kolletjies op.

U Uitleg Sien Tablo.

Uitsit Om 'n ronde lank nie te kan speel nie omdat jy nie 'n regte teël het en nie een kan trek nie.

Uitspeel Om jou laaste teël uit te sit.

V Verdeler Die lyn wat 'n domino in twee vierkante verdeel.

Versaak Jy versaak die spel as jy nie speel nie, al kan jy en word jy deur die spel se reëls verplig.

Vierkant Sien End.

Voorraad 'n Poel van teëls in 'n enkele laag met hulle gesigte na onder waaruit spelers teëls kan trek. Ook poel genoem.

Z zero 'n End sonder kolletjies.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Speletjies