Langtermynondersteuning beterk bekend deur die Engels: Long-term support (LTS) is 'n produklewensiklusbestuur beleid waarin 'n stabiele sagtewarevrystelling van rekenaarsagteware onderhou word vir 'n langer tydperk as die standaarduitgawe. Die term word tipies gereserveer vir oopbronsagteware, waar dit 'n sagteware-uitgawe beskryf wat maande of jare langer as die sagteware se standaarduitgawe ondersteun word. Dit word dikwels 'n uitgebreide-ondersteuningsvrystelling (Engels: extended-support release) genoem.

Kategorie:Sagteware