Leônidas da Silva (6 September 1913 – 24 Januarie 2004) was ’n Brasiliaanse professionele sokkerspeler wat as ’n voorspeler gespeel het. Op die hoogtepunt van sy loopbaan was Leônidas baie gewild onder die mense van Brasilië en Rio de Janeiro. Hy word beskou as een van die eerste swart supersterre van professionele sokker en het die bynaam “Swarte Diamant” (Diamante Negro) gehad. Hy was een van die eerste spelers wat die "fietskop" gebruik het. Die eerste keer dat Leônidas hierdie tegniek gebruik het, was op 24 April 1932 in ’n wedstryd tussen Bonsucesso Futebol Clube en Carioca Futebol Clube.

Hy het tussen 1932 en 1946 negentien keer vir die Brasiliaanse nasionale span gespeel en altesaam 21 doele aangeteken, waaronder twee doele tydens sy debuut. In die Wêreldbekertoernooi in 1938 was hy die toernooi se topdoelskieter met sewe doele.

Verwysings

Kategorie:Brasiliaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 2004