fliekNET is 'n Suid-Afrikaanse digitale satelliet-televisiekanaal wat 24 uur per dag Afrikaanse rolprente uitsaai. Die kanaal is deel van die KykNET-familie en word deur MultiChoice bedryf op DStv-kanaal 149.

Geskiedenis fliekNET is op 1 April 2023 geloods en het KykNET&Kie vervang. Die herposisionering was deel van MultiChoice se strategie om die kykNET-kanaalfamilie te stroomlyn en 'n toegwyde kanaal vir Afrikaanse flieks te skep.

Voor 2023 het kykNET & kie 'n kombinasie van herhalings, leefstylprogramme en flieks uitgesaai. Met die bekendstelling van fliekNET het die fokus verskuif na uitsluitlik rolprente, terwyl herhalings van sepies en reekse na KykNET&Kie op kanaal 145 geskuif het.

Inhoud Die kanaal saai hoofsaaklik uit:

Afrikaanse rolprente: Klassieke en nuwe Afrikaanse flieks , insluitend ,treffers soos Fiela se kind (rolprent), Wonderlus, Moffie. Silwerskermfees-flieks: Kortfilms en vollengte flieks wat by die jaarlikse kykNET Silwerskermfees debuteer. Internasionale films met Afrikaanse onderklanking: Geselekseerde internasionale titels wat in Afrikaans oorgeklank word. Temablokkies: Soos "Romansemaand", "Grendelmaand" en "Kersfees op fliekNET".

fliekNET wys joe advertensies tydens flieks nie, slegs tussen programme.

Beskikbaarheid fliekNET is beskikbaar vir alle DStv-pakkette vanaf DStv Access. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en die DStv-app vir intekenare .

Verwysings