Die V-1-vlieënde bom (Duits: Vergeltungswaffe 1, letterlik 'Wraakwapen 1') was 'n vroeë kruisermissiel. Die amptelike naam vir die missiel by die Reichsluftfahrtministerium, (Ryk-lugmagministerie) was Fieseler Fi 103 en die gebruikte naam was ook Höllenhund (helhond). Dit was ook aan die Geallieerdes bekend as die buzz bomb of doodlebug en Maikäfer (meikewer).Van die lae gegons wat soos dié van die insek lyk. Dit is ook na verwys as 'n "robotbom" Vanek, 1999, bl 81
Die V-1 was die eerste van die Vergeltungswaffen (V-wapens) wat ontplooi is vir die terreurbombardement van Londen. Dit is in 1942 by die Peenemünde Leërnavorsingsentrum deur die Luftwaffe ontwikkel, en tydens die aanvanklike ontwikkeling was dit bekend onder die kodenaam Kirschkern (kersiepit). As gevolg van sy beperkte reikwydte, is die duisende V-1-missiele wat na Engeland gelanseer is, afgevuur vanaf lanseerplekke langs die Franse (Pas-de-Calais) en Nederlandse kus of deur gemodifiseerde Heinkel He 111-vliegtuie.
Die Wehrmacht het die eerste V-1's teen Londen gelanseer op 13 Junie 1944, 'n week na (en aangespoor deur) Operasie Overlord, die Geallieerde landings in Frankryk. Soms is meer as honderd V-1's per dag op suidoos-Engeland afgevuur, 9 521 in totaal, wat in getal afgeneem het namate terreine oorgeneem is tot Oktober 1944, toe die laaste V-1-terrein binne bereik van Brittanje deur Geallieerde magte oorgeneem is. Hierna het die Duitsers V-1's op die hawe van Antwerpen en op ander teikens in België gerig, en nog 2 448 V-1's gelanseer. Die aanvalle het slegs 'n maand voor die einde van die oorlog in Europa gestaak, toe die laaste lanseerterrein in die Lae Lande op 29 Maart 1945 oorrompel is.
As deel van Operasie Kruisboog, operasies teen die V-1, het die Britse lugverdediging bestaan uit lugafweerkanonne, spervuurballonne en vegvliegtuie om die bomme te onderskep voordat hulle hul teikens bereik het, terwyl die lanseerterreine en ondergrondse bergingsdepots teikens vir Geallieerde aanvalle, insluitend strategiese bombardement, geword het.
In 1944 is 'n aantal toetse van hierdie wapen blykbaar in Tornio, Finland, uitgevoer. By een geleentheid het verskeie Finse soldate gesien hoe 'n Duitse vliegtuig lanseer wat hulle beskryf het as 'n bom in die vorm van 'n klein, gevleuelde vliegtuig. Die vlug en impak van 'n ander prototipe is deur Finse frontlinie-soldate gesien; hulle het opgemerk dat die enjin skielik gestop het, wat veroorsaak het dat die V-1 skerp gedaal het en ontplof het met die impak, wat 'n krater van 20-30 meter breed gelaat het. Hierdie V-1's het aan Finse soldate bekend geword as "vlieënde torpedo's".Tornio 1944 by Osmo Hyvönen bl. 262, Ilmasotaa Torniossa
Verwysings
Kategorie:Wapentuig Kategorie:Ammunisie Kategorie:Tweede Wêreldoorlog