Ian Serraillier (24 September 1912 – 28 November 1994) was 'n Engelse romansier en digter. Hy het verskeie legendes uit Engeland, Griekeland en Rome oorvertel, maar is allerweë bekend om sy kinderboeke, veral The Silver Sword (1956), 'n oorlogtydse avontuur wat in 1957 èn 1971 verwerk is vir televisie.

Vroeë lewe en opvoeding Serraillier is gebore op 24 September 1912 in Londen en was die oudste van vier kinders van Lucien Serraillier (1886–1919) en Mary Kirkland Rodger (1883–1940). Sy vader sterf in 1918 tydens die Spaanse griep.

Serraillier het sy skoolonderrig ontvang by Brighton College, 'n openbare skool (public school), en by St Edmund Hall, Oxford. Hierna gee hy onderrig in Engels aan Wycliffe College, Gloucestershire van 1936 tot 1939, Dudley Boys Grammar School, Worcestershire, van 1939 tot 1946 en Midhurst Grammar School, West Sussex, van 1946 tot 1961.

Serraillier was 'n Kwaker, en het as 'n gewetensbeswaarde tydens die Tweede Wêreldoorlog gedien as lugbeskermingsfunksionaris. Hy was 'n lid van die pasifistiese Peace Pledge Union.

Loopbaan In 1946 publiseer Serraillier sy eerste drie kinderboeke: They Raced for Treasure, 'n verhaal oor 'n seilvaart, skatte en spioene en Thomas and the Sparrow.British Library catalogue Opgespoor op 20 September 2016.

In 1948 het hy en sy vrou, Anne Margaret Rogers, die New Windmill Series vir Heinemann Educational Books op die been gebring, met die doel om goedkoop uitgawes van lesenswaardige fiksie, reisverhale en biografieë vir ouer lesers te verskaf. Hy was tot die vroeë 1990's mede-redakteur van die reeks.

Hy het voortgegaan om avontuurverhale te skryf, insluitend sy bekendste boek, The Silver Sword (1956), wat oor vier vlugtelingkinders handel, waarvan drie broers en susters is: Ruth, Edek en Bronia. Die vierde kind, Jan, is een van vele Warskou-oorlogsweeskinders, wat op een of ander manier die ander drie se vader ontmoet. Die vier kinders soek na die broers en susters se ouers in die chaos van Europa net na die Tweede Wêreldoorlog. Die boek het in die Verenigde State verskyn onder die titel Escape from Warsaw.

The Ivory Horn (1960. In 1968 in Afrikaans vertaal deur Andrè P. Brink as Die Horing van Ivoor), 'n oorvertelling van die Rolandslegende, was die naaswenner vir die Carnegie-medalje, soos ook die geval was met sy The Silver Sword.Outeur se biografie in die Puffin-uitgawe, herdruk in 1987.

Van 1961 af het Serraillier fiksie, niefiksie en gedigte geskryf en opvoedkundige programme vir televisie saamgestel. Hy het ook klassieke en antieke legendes vir kinders oorvertel in prosa- en poësievorm, insluitende Beowulf, werke deur Chaucer, Engelse volkslegendes en Griekse en Romeinse mites.

As 'n gewilde skrywer van kinderboeke is Serraillier uitgenooi na somerkampe vir kinderlektuur vir lede van die Puffin-boekklub, wat georganiseer is deur Colony Holidays (voorganger van ATE Superweeks), saam met ander gewilde skrywers van kinderlektuur soos Joan Aiken en Clive King.

Latere lewe Serraillier en sy vrou het gewoon in 'n ou kothuis in Singleton naby Chichester in West Sussex. Hy is in die vroeë 1990's gediagnoseer met Alzheimersiekte, en die siekte het bygedra tot sy dood op 28 November 1994 op 82-jarige ouderdom. Hy het drie dogters en 'n seun gehad.

Nagelate geskrifte Die nagelate dokumente van Ian Serraillier wat by die Universiteit van Reading gehuisves word, bestaan hoofsaaklik uit manuskripte, getikte geskrifte en galeiproewe, insluitend Fight for Freedom, The Clashing Rocks, The Cave of Death, Havelock the Dane, They Raced for Treasure, Flight to Adventure en The Silver Sword. Dit bevat ook korrespondensie met uitgewers, ander sake- en literêre korrespondensie, notaboeke met gedigte, idees en storielyne, verwerpingsbriewe, uitgewersooreenkomste, koerantknipsels, navorsingsmateriaal, lesingnotas en getikte skrifte en doodsberigte.

Bibliografie Poësie Three New Poets: Roy McFadden, Alex Comfort, Ian Serraillier (1942, Grey Walls Press) The Weaver Birds (1944, Macmillan Publishers) — geïllustreer deur Serraillier Thomas and the Sparrow (1946, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Monster Horse (1950, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Ballad of Kon-Tiki and Other Verses (1952, Drukpers van die Universiteit van Oxford) Everest Climbed (1955, Drukpers van die Universiteit van Oxford) Poems and Pictures (1958, Heinemann) A Puffin Quartet of Poets: Eleanor Farjeon, James Reeves, E. V. Rieu, Ian Serraillier (1958, Penguin Books) — geredigeer deur Eleanor Graham The Windmill Book of Ballads: Beowulf the Warrior and Other Poems (1962, Heinemann) I'll Tell You a Tale: A Collection of Poems and Ballads (1973, Longman) — geïllustreer deur Charles Keeping en Renate Meyer How Happily She Laughs and Other Poems (1976, Longman) The Visitor

Fiksie They Raced for Treasure (1946, Jonathan Cape) — later uitgegee in 'n "vereenvoudigde opvoedkundige uitgawe" as Treasure Ahead (1954, Heinemann) Flight to Adventure (1947, Cape) — later uitgegee in 'n "vereenvoudigde opvoedkundige uitgawe" as Mountain Rescue (1955, Heinemann) Captain Bounsaboard and the Pirates (1949, Cape) There’s No Escape (1950, Cape) — later uitgegee in 'n "opvoedkundige uitgawe" (1952, Heinemann) Belinda and the Swans (1952, Cape) Jungle Adventure (1953, Heinemann) — gebaseer op 'n verhaal deur R. M. Ballantyne The Adventures of Dick Varley (1954, Heinemann) — gebaseer op 'n verhaal deur R.M. Ballantyne Making Good (1955, Heinemann) The Silver Sword (1956, Cape) — ook gepubliseer as Escape from Warsaw (1963, Scholastic Corporation) en as 'n "opvoedkundige uitgawe" (1957, Heinemann) Guns in the Wild (1956, Heinemann) — gebaseer op 'n verhaal deur R.M. Ballantyne Katy at Home (1957, Heinemann) — gebaseer op 'n verhaal deur Susan Coolidge Katy at School (1959, Heinemann) — gebaseer op 'n verhaal deur Susan Coolidge The Ivory Horn (1960, Drukpers van die Universiteit van Oxford) — verwerking van die Rolandslied (in 1968 vertaal deur André Brink as Die Horing van Ivoor) The Gorgon’s Head: The Story of Perseus (1961, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Way of Danger: The Story of Theseus (1962, Drukpers van die Universiteit van Oxford) Happily Ever After (1963, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Clashing Rocks: The Story of Jason (1963, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Midnight Thief: A Musical Story (1963, BBC Publications) — met musiek deur Richard Rodney Bennett. Geïllustreer deur Tellosa The Enchanted Island: Stories from Shakespeare (1964, David McKay Publications) — heruitgegee in 'n "opvoedkundige uitgawe" as Murder at Dunsinane (1967, Scholastic) The Cave of Death (1965, Heinemann) Fight for Freedom (1965, Heinemann) Ahmet the Woodseller: A Musical Story (1965, Drukpers van die Universiteit van Oxford) — met musiek deur Gordon Crosseen. Geïllustreer deur John Griffiths A Fall from the Sky: The Story of Daedalus (1966, Thomas Nelson) The Challenge of the Green Knight (1966, Drukpers van die Universiteit van Oxford) Robin in the Greenwood (1967, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Turtle Drum: A Musical Story (1967, BBC Publications) — met musiek deur Malcolm Arnold. Geïllustreer deur Charles Pickard Havelock the Dane (1967, Walck) — in die Verenigde Koninkryk uitgegee as Havelock the Warrior (1968, Hamish Hamilton) Robin and His Merry Men (1969, Drukpers van die Universiteit van Oxford) The Tale of Three Landlubbers (1970, Hamish Hamilton) — geïllustreer deur Raymond Briggs Heracles the Strong (1970, Walck) The Ballad of St Simeon (1970, Walck) A Pride of Lions: A Musical Story (1971, Drukpers van die Universiteit van Oxford) — met musiek deur Phyllis Tate The Bishop and the Devil (1971, Kaye and Ward) Have You Got Your Ticket? (1972, Longman) Marko’s Wedding (1972, Verlag Harri Deutsch) The Franklin’s Tale, Retold (1972, Frederick Warne & Co.) Suppose You Met a Witch (1973, Little, Brown and Company) The Robin and the Wren (1974, Longman) The Road to Canterbury (1979, Kestrel Books)

Niefiksie Chaucer and His World (1967, The Lutterworth Press) All Change at Singleton: For Charlton, Goodwood, East and West Dean (1979, Phillimore) — plaaslike geskiedenis Goodwood Country in Old Photographs (1987, Sutton) — met Richard Pailthorpe

Vertalings Florina and the Wild Bird by Selina Choenz (1952, Drukpers van die Universiteit van Oxford) — vertaal saam met sy vrou, Anne Serraillier Beowulf the Warrior (1954, Drukpers van die Universiteit van Oxford)

As redakteur Wide Horizon Reading Scheme (1953–1955, Heinemann) 4 volumes – geredigeer, met Ronald Ridout

Verwysings

Nog leesstof

Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 1994 Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Engelse digters