Stuart William Baxter (gebore 16 Augustus 1953) is ’n Engels-Skotse sokkerafrigter en voormalige speler.
Hy is in Engeland gebore uit Skotse ouers en het in albei lande grootgeword. Baxter het professioneel gespeel vir ’n aantal klubs in Engeland, Skotland, Australië, Swede en in die Verenigde State. Hy het klubs afgerig in Swede, Noorweë, Portugal, Japan, Suid-Afrika, Turkye en Indië. Met Kaizer Chiefs het hy die Premiersokkerliga gewen in 2012/13 en 2014/15, asook die Suid-Afrikaanse Beker in 2013. Met SuperSport United het hy die Suid-Afrikaanse Beker gewen in 2016 en 2017.
Hy het ook Bafana-Bafana in twee tydperke afgerig.
Verwysings
Kategorie:Engelse sokkerspelers Kategorie:Skotse sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense