Die National Basketball Association (NBA) is ’n professionele basketbal-liga in Noord-Amerika met 30 spanne (29 in die Verenigde State en 1 in Kanada). Die NBA is een van die grootste professionele sportligas in die Verenigde State en Kanada en word beskou as die beste basketbal-liga in die wêreld. Die liga se hoofkantore is in New York en Secaucus, New Jersey.NBA Office Locations
Die NBA is op 3 Augustus 1949 gestig toe die Basketball Association of America (BAA) en die National Basketball League (NBL) saamgesmelt het. Later het die liga die BAA se geskiedenis aangeneem en sê hulle stigtingsdatum is 6 Junie 1946. In 1976 het die NBA en die American Basketball Association (ABA) saamgesmelt, en vier nuwe spanne is bygevoeg. Die NBA se gewone seisoen is van Oktober tot April, en elke span speel 82 wedstryde. Die uitspeeltoernooi gaan aan tot Junie en eindig met die NBA Finals.
Die NBA is ’n lid van USA Basketball (USAB), wat deur die International Basketball Federation (FIBA) erken word as die beheerliggaam vir basketbal in die Verenigde State. Die NBA is die tweede rykste professionele sportliga in die wêreld volgens inkomste, na die National Football League (NFL). verdien NBA-spelers gemiddeld die meeste geld per jaar van alle atlete in die wêreld. In 1996 het die NBA ’n vroueliga begin, die Women's National Basketball Association (WNBA). Die NBA bestuur ook die NBA G League, NBA 2K League en die Basketball Africa League.
Verwysings
Kategorie:Sportkompetisies in die Verenigde State van Amerika