duimnael|309x309px|Klinkwerker besig by Lockheed Aircraft Corporation in Burbank in Kalifornië. Die Lockheed Aircraft Corporation was eers onder ander name bekend en het later Lockheed Martin geword.
Allan en Malcolm Loughead (uitgespreek “Lockheed”) het hulle eerste vliegtuig (die model G-seevliegtuig) in 1913 vervaardig en die Loughead Aircraft Manufacturing Company in 1916 by Santa Barbara in Kalifornië gestig (tweemotorige F-1-vliegboot, S-1-skulp-romp-dubbelvlerkvliegtuig gebou). Laasgenoemde maatskappy is in 1921 gelikwideer en die Lockheed Aircraft Company van Hollywood is in 1926 opgerig en het die Northrop-ontwerpte hoëvlerk-Vega vanaf 1925 vervaardig. Die maatskappy is in 1928 na Burbank verskuif. Lockheed het in 1929 deel van die Detroit Aircraft Corporation geword, wat ’n multimaatskappyliggaam was wat in 1931 bankrot gespeel het. Die Loughead-broers het Lockheed verlaat en die Lockheed Brothers Aircraft Corporation gevorm. Lockheed is deur Robert E Cross en Lloyd Stearman vir ’n konsortium gekoop en sake is onder die ou naam hervat. Lockheed se bates en produksiefasiliteite is teen 1938 uitgebrei. ’n Nuwe administrasiesentrum en ingenieurskantoor is betrek.
Geselekteerde produkte wat die Lockheed Aircraft Corporation vervaardig het
10A Electra (tweemotorige hoëspoedmetaallynvliegtuig met vrydraende lae vlerke; eerste vlug Februarie 1934; Augustus 1934 in diens by Northwest Airlines) duimnael|250px|Lockheed PV-1 Ventura in vlug in ongeveer laat-1943. L.12 Electra (1936 sy verskyning gemaak; kleiner as die L.10, maar vinniger) L.14 Super-Electra, wat ’n kleiner, luukse variant was van die L.10A (die Britse Koninklike Lugmag het in 1938 altesaam 250 bomwerpervariante van die 14 aangekoop, die Hudson genoem; eerste L.14 het op 29 Julie 1937 gevlieg) L.18 Lodestar (eerste keer op 21 September 1939 gevlieg) P-38 Lightning (XP-38-prototipe eerste keer op 27 Januarie 1939 gevlieg) Lockheed PV, B-34, B-37 Ventura (1941, bomwerpervariant van die Model 18; eerste Ventura I het op 31 Julie 1941 gevlieg) vloot-PV-1 (1942), PV-2 Harpoon (1943) Constellation en Super Constellation (prototipe eerste keer op 9 Januarie 1943 gevlieg; deur verskillende iterasies: van die L-49 tot die L-049 tot die L-649 tot die L-749 tot die L-1049 Super Constellation; die eerste prototipe Super Constellation het die eerste keer op 13 Oktober 1950 gevlieg) P-2 Neptune (eerste prototipe het in 1945 gevlieg; Lockheed het kontrakte vir die P2V-1- tot die P2V-7-weergawe ontvang; daarna is die tipe in die P-2-kategorie hernoem; maritieme verkenningsvliegtuig) duimnael|250px|Lockheed P-80 Shooting Star by die Nasionale Wedvlugte in Cleveland, Ohio. P-80 Shooting Star (werk aan die eerste prototipe het in Augustus 1943 begin, die eerste vlug het op 9 Januarie 1944 plaasgevind; daar is in Desember 1945 begin om frontlinie-eskaders van die USAAF toe te rus; P-80 in 1948 na F-80 verander) T-33A Shooting Star (TF-80C-tweesitplekopleidingsvliegtuig het uit die P-80 Shooting Star voortgevloei, die eerste van hulle het op 22 Maart 1948 gevlieg; toewysing Mei 1949 na T-33A verander en as die Amerikaanse Lugmag se standaardstraalopleidingsvliegtuig aanvaar) F-94 Starfire (aflewerings van produksie-F-94A’s het in Junie 1950 begin) F-104 Starfighter (die eerste van die twee XF-104-prototipes het op 28 Februarie 1954 gevlieg; die eerste produksie-F-104A’s het op 26 Januarie 1958 in diens gekom) U-2-spioenasievliegtuig (die eerste vlug van die U-2 het op of ongeveer 1 Augustus 1955 plaasgevind; verskillende variante is gebou) JetStar (hy het vir die eerste keer op 4 September 1957 gevlieg, is ’n straalaangedrewe utiliteitstransportvliegtuig; die JetStar II het vir die eerste keer in produksieformaat op 18 Augustus 1976 gevlieg) L.188 Electra (die eerste prototipe het op 6 Desember 1957 gevlieg, hy het vier turboskroefenjins; die Orion het uit hom ontstaan; die CP-140 Aurora het uit die Orion ontwikkel) Orion (daar is in April 1958 aangekondig dat Lockheed 'n kompetisie vir 'n Amerikaanse Vloot-“gebruiksgereed”-teenduikboot-oorlogvoeringvliegtuig gewen het) C-130 Hercules (Lockheed het op 11 Julie 1951 'n kontrak vir twee YC-130-prototipes ontvang, die eerste van hulle het sy nooiensvlug op 23 Augustus 1954 uitgevoer; verskeie variante is gebou) SR-71A (verkenningsvliegtuig uit die YF-12C ontwikkel. Die eerste een het op 22 Desember 1964 gevlieg) C-141 Starlifter (die konstruksie van die eerste vyf C-141A’s is op 16 Augustus 1961 gekontrakteer; die tipe het in Oktober 1964 in diens by die Amerikaanse Lugmag gekom) C-5A Galaxy (Lockheed is in 1965 as hoofkontrakteur vir 'n nuwe baie groot logistieke transportvliegtuig gekies; konstruksie het in Augustus 1966 begin, die eerste vlug het op 30 Junie 1968 plaasgevind; die aflewering van die eerste 81 C-5A’s is in Mei 1973 voltooi) L-1011 Tristar-wyeromppassierstraler (die konstruksie van die prototipe het in Maart 1969 begin, hy het vir die eerste keer op 16 November 1970 gevlieg; die eerste aflewerings was in April 1972) S-3A Viking-vliegdekskipteenduikbootvliegtuig ('n kontrak is op 4 Augustus 1969 aan Lockheed toegeken vir die konstruksie en ontwikkeling van hierdie tipe; die prototipe S-3A het vir die eerste keer op 21 Januarie 1972 gevlieg)
Hierdie paragraaf is op The Illustrated Encyclopedia of Aircraft en Jane’s Encyclopedia of Aviation gegrond. geen|duimnael|250px|Lockheed Tristar
Verwysings