Die Sweedse nasionale sokkerspan (Sweeds: Sveriges herrlandslag i fotboll) verteenwoordig Swede in internasionale mansokker en word beheer deur die Sweedse Sokkervereniging (SvFF), die bestuursliggaam van sokker in Swede. Swede se tuisstadion is die Nationalarenan (bekend as Strawberry Arena weens borgskapsoorsake) in Solna.

Swede het sy eerste internasionale wedstryd teen Noorweë op 12 Julie 1908 gespeel, ’n 11–3-oorwinning by Idrottsplatsen in Gotenburg. Van 1945 tot laat in die 1950's is hulle beskou as een van die voorste spanne in Europa.

Swede het twaalf keer aan die Wêreldbeker deelgeneem, met hul eerste deelname in 1934. Hulle het ook sewe keer aan die Europese Kampioenskap deelgeneem. Swede het tweede geëindig by die 1958 FIFA Wêreldbeker, wat hulle aangebied het, en derde in beide 1950 en 1994. Ander prestasies van Swede sluit in ’n goue medaljes by die 1948 Somerspele, en bronsmedaljes in 1924 en 1952. Hulle het ook die halfendrondte bereik by UEFA Euro 1992, terwyl hulle die toernooi aangebied het.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Lys van wedstryde

Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Swede