Die Douglas DC-6 is 'n skroefaangedrewe passasiers- en vragvliegtuig wat van 1946 tot 1958 deur die Douglas Aircraft Company gebou is. Oorspronklik bedoel as 'n militêre vervoermiddel teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog, het Douglas dit ná die oorlog herontwerp om met die Lockheed Constellation in die langafstand- kommersiële vervoermark mee te ding. Douglas het meer as 700 gebou, en baie vlieg steeds in vrag-, militêre en veldbrandbeheerrolle.
Die DC-6 was bekend as die C-118 Liftmaster in die Amerikaanse Lugmag en as die R6D in die Amerikaanse Vloot voor 1962, waarna alle Amerikaanse Vloot-variante ook as die C-118 aangewys is.
Die lugrederye wat nie die Lockheed Constellation bestel het nie, het gevind dat die XC-112A, die militêre prototipe van die DC-6, goed in hulle behoefte aan ’n drukvaste lynvliegtuig kon voorsien. Gevolglik het American Airlines en United Airlines die bal aan die rol gesit deur eerste die DC-6 te bestel.
Burgerlike variante van die DC-6
Die DC-6 is in drie hoof- burgerlike weergawes, naamlik die DC-6, die DC-6A en die DC-6B, gebou.
DC-6 duimnael|Douglas DC-6 SE-BDA in die laat-1940’s Die gewig van die DC-6 het volgens klante se spesifikasie gewissel, naamlik van 87,900 tot 98,800 kilogram en die brandstofvermoë het van ongeveer 12 574 liter (in agt tenks) tot ongeveer 18 671 liter (in tien tenks) gewissel. Die meeste DC-6’e het aanvanklik 50 sitplekke gehad (twee weerskante van die gang); daar was ook ’n driesitplekrusbank aan die agterkant van die passasierskajuit. Die sitplekke is later tot 68 en toe 86 verhoog (deur die vliegtuig met vyf sitplekke langs mekaar toe te rus en die afstand tussen die sitplekke te verminder). Sommige DC-6-vliegtuie is in vragweergawes omskep: hulle kajuittoebehore is verwyder en ’n versterkte kajuitvloer en ’n groot hoofdekvragdeur is geïnstalleer.
DC-6A duimnael|Die Douglas DC-6A met die registrasienommer YA-DAN van Ariana Afghan Airlines het die konstruksienommer 44259. Die DC-6A het kragtiger weergawes van die Double Wasp-enjins met water-metanolinspuiting gehad. Die romp van die DC-6A was langer en ruimer en die vliegtuig het ’n verhoogde maksimum massa, groter brandstofvermoë en beter werkverrigting as die DC-6 gehad. Die eerste weergawes van hierdie nuwe model is geoptimaliseer as ’n vragvliegtuig wat ’n versterkte kajuitvloer gehad het en twee vragdeure aan die linkerkant van die romp gehad het. Die afmetings van hierdie deure was 2,01 meter by ongeveer 3,2 meter; een was voor die vlerk en die ander een agter die vlerk. Daar was ook ’n hystoestel wat aan een van die vragdeure geheg kon word en aan boord die vliegtuig gestoor kon word wanneer dit nie in gebruik is nie. Voor die agterste vragdeur was daar ook ’n toegangsdeur vir passasiers. Die kajuitvensters van die meeste DC-6A’s was bedek met metaaldeksels wat verwyder kon word sodat die vragweergawe weer in ’n passasiersweergawe omskep kon word.
DC-6B duimnael|Douglas DC-6B met Double Wasp-enjins van 2400 perdekrag Die DC-6B het dieselfde afmetings as die DC-6A gehad, maar was vir die vervoer van passasiers geoptimaliseer en het dus nie die versterkte vloer en twee vragdeure van die vragvliegtuig gehad nie. Dieselfde reeks opsies as vir die DC-6A is aan klante gebied, naamlik Double Wasp-enjins met water-metanolinspuiting, brutomassa van tot 107 000 kilogram en ’n brandstofvermoë van tot ongeveer 20 866 liter. Die DC-6B het aanvanklik 52 sitplekke gehad en later 82 of selfs 102 vir huurvlugte. Baie DC-6B’s is, nadat hulle deur die hooflugvervoerders uit diens gestel is, in vragvliegtuie omskep deur die oorspronklike kajuitvloer met versterkte vloere te vervang. Sulke vliegtuie het ook óf een vragdeur (voor die vlerk) óf twee vragdeure aan die linkerkant van die romp gehad (hierdie vragdeure was voor en agter die vlerk). Twee DC-6B’s is ook omvattend deur die Ingenieursdepartement van Sabena gemodifiseer en toegerus met swaaisterte wat na regs geskarnier was (hulle konstruksienommers was 44434 en 45202). Die agterste deel van die romp en die stertoppervlakke is gemodifiseer. Een vliegtuig het na Spantax (44434, registrasienommer EC-BBK) in Spanje en die ander een het na Kar-Air O/Y (45202, registrasienommer OH-KDA) in Finland gegaan. Konstruksienommer 44434 is later N434TA geregistreer en deur Northern Air Cargo bedryf. Konstruksienommer 45202 is later N867TA geregistreer en ook deur Northern Air Cargo bedryf.
Die verskillende militêre variante van die DC-6 duimnael|Die stertdeel van 'n Douglas C-118B van die VSA-vloot word gesien. Die VC-118 is vir President Truman van Amerika gebruik en het die konstruksienommer 42881, reeksnommer 46505 en die naam Independence gehad. Hierdie vliegtuig is van 4 Julie 1947 tot Mei 1953 vir die President gebruik en daarna is dit as BBP-transportvliegtuig deur die Military Air Transport Service gebruik.
Die Koreaanse Oorlog het daartoe aanleiding gegee dat die VSA se Departement van Verdediging ’n weergawe van die DC-6A as standaard- militêre transportvliegtuig vir sowel die USAF as die VSA-vloot aangeskaf het. Dit het bestaan uit 101 C-118A’s vir die USAF en 65 R6D-1’s vir die VSA-vloot (in September 1962 C-118B’s hernoem); 40 hiervan is na die USAF oorgeplaas). Die meeste van die C-118A’s en R6D-1’s was toegerus om 74 militêre passasiers in betreklik beskeie gemak of ongeveer 12245 kilogram se vrag te dra. Die kajuit van baie was egter ingerig om minder passasiers te vervoer in gerief wat min of meer dieselfde as dié van burgerlike lynvliegtuie was.
Vyf-en-dertig van hierdie vliegtuie met weelderiger akkommodasie is as VC-118A’s deur die USAF benoem en vier as R6D-1Z’s vir die VSA-vloot (later VC-118B’s).
C-118A’s wat vir mediese afvoer gemodifiseer is, was as MC-118A’s bekend en dié wat vir fotokartering gebruik is, is RC-118A’s genoem. Die MC-118A’s was toegerus vir 60 draagbare en hulle mediese versorgers. Twee ongewone modifikasies was die vliegtuie met die reeksnommers 53-3273 en 53-3283, wat as lugbevelsposte deur Temco in Texas gemodifiseer is. Nog ’n C-118A, die een met die reeksnommer 53-3245, het ’n EC-118A-toetsbed vir elektroniese toerusting geword.
Enjins duimnael|Die Douglas DC-6 met die registrasienommer 9Q-CGZ word op 4 Mei 2003 by die Randse Lughawe gesien. Die verskillende variante van die DC-6 het Pratt & Whitney R-2800- of Double Wasp- radiale enjins met ’n opstygstukrag van 2100 of 2200 perdekrag tot 2400 perdekrag of 2500 perdekrag gehad. Die hoër stukrag is verkry deur water-metanolinspuiting by opstyging te gebruik.
Getal vliegtuie geproduseer
Die produksiesyfer vir die DC-6 en sy variante was 704 eenhede. Al die variante van die DC-6 is by die Santa Monica-aanleg gebou. Die Douglas DC-6 is as die DC-6 (171), DC-6A (78), DC-6B (287), XC-112A (1), VC-118 (1), C-118A (101) en R6D-1 (65) gebou.
DC-6’e in diens van lugrederye
Individuele DC-6-vliegtuie AANTEKENINGE
Waar ’n identiteitsnommer tussen hakies verskyn, beteken dit dat die bepaalde vliegtuig bestem was om daardie identiteit te hê, maar dat dit nie opgeneem is nie. Die inligting wat hierna volg, is verkry in die Piston-Engined Airliner Production List asook in die volgende uitgawes van die nuusbriewe van die Aviation Society of Africa: Januarie 1996, Mei 1996, Junie 1997, Julie 1997, Augustus 1997, September 1997 en Oktober 1997 en die African Air Review van Maart/April 1980, Mei/Junie 1980, Julie/Augustus 1980, September/Oktober 1981, Oktober/November/Desember 1985 en Januarie 1986.
Konstruksienommer 42881 Die Douglas DC-6 met die konstruksienommer 42881 is as ’n C-118-DO gebou. Dit is op 1 Julie 1947 aan die USAAF afgelewer en is in ’n VC-118-DO omskep en die reeksnommer 46-0505 is aan die masjien toegeken. Die VC-118 is vir President Truman van Amerika gebruik en het die naam The Independence gehad. Hierdie vliegtuig is van 4 Julie 1947 tot Mei 1953 vir die President gebruik en daarna is dit as BBP-transportvliegtuig deur die Military Air Transport Service gebruik. As The Independence het die voorste gedeelte van die vliegtuig 24 sitplekke gehad wat in 12 beddens vir lede van die presidensiële personeel omskep kon word. Die agterste gedeelte van die kajuit was uitgerus as ’n presidensiële suite met ’n rusbank wat in ’n bed omskep kon word, ’n leunstoel en ’n konferensietafel. Nadat die vliegmasjien aan diens onttrek is, is dit aan die Smithsonian Institute geskenk. Tans word dit in die Nasionale Museum van die United States Air Force uitgestal.
Konstruksienommer 43127 Die Douglas DC-6 met die konstruksienommer 43127 het die identiteitsrekord (SE-BDI), VH-BPG, ZK-BGB, NZ3632, N254N, CF-PWP, N80MA, 9Q-CPL en EL-WNH (Julie 1997 op naam van Transair Cargo geregistreer). geen|duimnael|250x250px|Hier word die DC-6 met die konstruksienommer 43127 op 7 Februarie 1998 as EL-WNH by Lanseria gesien.
Konstruksienommer 43573 Die vliegtuig met die konstruksienommer 43573 is op 18 Oktober 1952 as ’n C-118A met die reeksnommer 51-3826 aan die USAF afgelewer. Daarna het hy die volgende burgerlike registrasies gehad: N203G, N54G en 9Q-CGZ (Desember 1996/Januarie 1997 geregistreer). Uiteindelik is hierdie skroefvliegtuig aan diens onttrek en by die Randse Lughawe gestoor.
Konstruksienommer 43681 BuNo 131578 is op 27 Januarie 1953 as ’n R6D-1 aan die VSA-vloot afgelewer en is daarna in 1958 met die reeksnommer 51-17634 na die USAF oorgeplaas, maar is in 1964 as BuNo 131578 terug na die VSA-vloot. Die vlootbenoeming van die R6D-1’s was vanaf September 1962 C-118B. geen|duimnael
Konstruksienommer 43740 Die Douglas DC-6B met die konstruksienommer 43740 het die identiteitsrekord N8223H, F-OCYJ, OO-IFA, N799TA, 9J-AEP (in 1979 geregistreer) en N84AU (9J-AEP is in Oktober 1979 as N84AU uitgevoer). Die vliegtuig is op 18 Mei 1989 aan diens onttrek en in November 1990 by Lanseria opgebreek; die neusgedeelte het na die Suid-Afrikaanse Lugdiens-museumvereniging gegaan en is op ’n leningsgrondlag aan die SAL Tegnies-verfwerkswinkel gegee.
Konstruksienommer 44635 In die meegaande foto word die voordeel van die Douglas C-118 met die reeksnommer 53-3264 gesien. Hy het die konstruksienommer 44635 en is as ’n Douglas C-118A gebou en is op 13 April 1955 aan die USAF afgelewer. geen|duimnael
Konstruksienommer 44639 Die Douglas C-118 met die reeksnommer 53-3268 het die konstruksienommer 44639. Dit is as ’n Douglas C-118A gebou en is op 2 Mei 1955 aan die USAF afgelewer. geen|duimnael
Konstruksienommer 44645 Die Douglas C-118A met die konstruksienommer 44645 het die identiteitsrekord 53-3274, N50293, C-GKFF, TG-CGO, YV-501C, 9Q-CJP(2) (in 1996/1997 op naam van Transair Cargo geregistreer) en EL-WIL (in Julie/Augustus 1997 op naam van Transair Cargo geregistreer). Terwyl die masjien N50293 geregistreer was, is dit in ’n DC-6A omskep. Die vliegmasjien is as EL-WIL aan diens onttrek en gestoor.
Konstruksienommer 44674 Die C-118A met die reeksnommer 53-3303 het die konstruksienommer 44674 en is op 19 Desember 1955 aan die USAF afgelewer. Die vliegtuig word op 15 Julie 1967 gesien. Volgens die byskrif by die foto was dit die persoonlike transportvliegtuig van die Supreme Allied Commander Europe (SACEUR), wat op daardie tydstip Generaal Lyman L Lemnitzer was. geen|duimnael
Konstruksienommer 45201 Die Douglas DC-6B met die konstruksienommer 45201 het die identiteitsrekord N576, SU-ANM, OY-STS, N515TS, ZS-MTE, 9Q-CMC(2) en 9Q-CJX(2) (in 1996/1997 op naam van Transair Cargo geregistreer). Terwyl die vliegtuig N515TS geregistreer was, is hy in Julie 1973 in ’n vragweergawe omskep.
Konstruksienommer 45319 Die Douglas DC-6B met die konstruksienommer 45319 het die identiteitsrekord N578, SU-ANN, OY-STR, N515TR, N91BL, N34C en 9Q-CYO (in Desember 1996 geregistreer). Terwyl die masjien N515TR geregistreer was, is dit in Augustus 1973 in ’n vragvliegtuig omskep.