Beautiful Boy: A Father's Journey Through His Son's Addiction is 'n memoir deur David Sheff wat die impak van sy seun Nic se metamfetamienverslawing verslawing op hul gesin beskryf. Die boek, wat op 26 Februarie 2008 deur Houghton Mifflin gepubliseer is, het voortgespruit uit Sheff se 2005-artikel vir. The New York Times Magazine He Said, He Said. New York Times, Sunday Book Reviews. Polly Morrice. February 24, 2008.met die titel "My Addicted Son". Nic Sheff se eie perspektief op sy stryd word vertel in sy eie outobiografiese vertelling, Tweak: Growing Up on Methamphetamines, wat gelyktydig deur 'n druknaam van Simon & Schuster vrygestel is.
Inhoud Beautiful Boy dek 'n aansienlike deel van Nic se lewe en fokus op die ouer Sheff se innerlike stryd oor hoe om 'n seun te help wat hy innig liefhet, maar wat terselfdertyd 'n bedreiging vir sy gesin inhou. Nic wat destyds in sy matriekjaar was, steel geld by sy jonger broer en suster en word voor hulle gearresteer vir die besit van dwelms. Dit dwing Sheff om 'n sekuriteitstelsel te installeer om te verhoed dat Nic by hul huis inbreek.My beautiful, drug-addicted boy . Salon. Katharine Mieszkowski. March 1, 2008. Regdeur die memoir word Nic by verskeie rehabilitasiesentrums opgeneem, maar hy val telkens weer terug is sy ou gewoontes. Voor sy laaste terugslag in die boek was Nic vir byna twee jaar nugter, waarna hy weer behandeling moes ontvang. Teen die einde van die memoir vertel Sheff dat Nic reeds 'n jaar lank skoon is. Hoewel hy met sy hele hart hoop dat dit die laaste keer sal wees en weer in sy seun glo besef hy dat 'n terugslag maklik weer kan gebeur. 'n Deurlopende tema in die boek is Sheff se gewroeg oor hoeveel hy self te blameer is en wat hy kon gedoen het om sy seun se verslawing te voorkom.
Deur die loop van die memoir woon Sheff talle Al-Anon-vergaderings en terapiesessies by. In hierdie verskillende sessies word hy voortdurend herinner aan die "drie K's": jy het dit nie koester of veroorsaak nie, jy kan dit nie kontroleer nie, en jy kan dit nie kuun of genees nie. Sheff vind dit aanvanklik moeilik om hierdie stelling te aanvaar. Teen die einde van die boek erken hy egter dat hy vrede gemaak het met twee van die K's: dat hy dit nie kan kontroleer nie en ook nie kan genees nie. Hy besef dat hy alles in sy vermoë gedoen het om Nic te help, en aanvaar dat dit uiteindelik Nic se eie verantwoordelikheid is om sy weg na herstel te vind.
Ontvangs Beautiful Boy was sowat 'n kritiese asook 'n kommersiële sukses. Op 6 April 2008 het dit die eerste plek op die The New York Times besteverkoperlys behaal, 'n prestasie wat dit op 4 Mei 2008 herhaal het. Entertainment Weekly het die boek as die beste niefiksie-werk van 2008 aangewys, en dit het ook die Barnes & Noble Discover Great New Writers-toekenning in die niefiksie-kategorie gewen.Verder het Amazon.com dit as een van die "Beste Boeke van 2008" gelys, terwyl Starbucks dit gekies het as een van die min publikasies wat in hul koffiewinkels te koop aangebied word.
Tweak: Growing up on metamfetamiene Tweak: Growing Up on Methamphetamines is 'n opvolgboek en outobiografiese memoir wat deur die seun, Nic Sheff, geskryf is as 'n persoonlike relaas van sy eie stryd.. Dit is in Februarie 2008 deur Atheneum Books for Young Readers as 'n hardebandboek van 336 bladsye gepubliseer ( ) en later op 6 Januarie 2009 in sagteband vrygestel. Die memoir het op sy eie meriete 'n besteverkoper op die lyste van die New York Times- en USA Today -geword.
Nic het ook in 2011 'n verdere opvolgboek , We All Fall Down: Living with Addiction, geskryf.
Flim-verwerking 'n Rolprentverwerking onder die regie van Felix van Groeningen is op 12 Oktober 2018 deur Amazon Studios vrygestel. Die hoofrolle word vertolk deur Steve Carell as David Sheff en Timothée Chalamet as Nic Sheff. Dit is draaiboek, wat deur Luke Davies en Felix van Groeningen geskryf is, is gebaseer op albei boeke: Beautiful Boy: A Father's Journey Through His Son's Addiction deur David Sheff en Tweak: Growing Up on Methamphetamines deur Nic Sheff.
Verwysings
Eksterne skakels My Verslaafde Seun . Oorspronklike New York Times Magazine-artikel deur David Sheff, 6 Februarie 2005.
Kategorie:Memoires