thumb|250px|'n Bladsy van die Codex Argenteus, wat 'n deel van die Gotiese Bybel wys.

Die Gotiese Bybel of Wulfilabybel is die Bybel in Goties, 'n taal wat in die vroeë Middeleeue deur die Oos-Germaanse stam die Gote gepraat is.

Die 4de-eeuse vertaling is na bewering deur die Ariaanse biskop en sendeling Wulfila. In die laat 2010's was die geleerde mening, geskoei op 'n ontleding van die linguistiese eienskappe van die Gotiese teks, dat die vertaling nie deur Wulfila, of enige enkele mens, gedoen is nie, meer eerder deur 'n span geleerdes.

Kodekse Oorblywnde fragmente van die Gotiese Bybel bestaan uit kodekse en een loodtablet uit die 5de tot 8ste eeu. Dit bevat 'n groot deel van die Nuwe Testament en sommige dele van die Ou Testament wat grootliks in die Middeleeue in Italië geskryf is.

Historiese konteks In die 3de eeu het die Gote aan die noordoostelike grens van die Romeinse Ryk gewoon, in wat nou Oekraïne, Bulgarye en Roemenië is. In die 4de eeu is die Gote gekersten, grootliks deur die poging van biskop Wulfila, wat vermoedelik die Gotiese alfabet ontwerp het. Wulfila het tradisioneel erkenning vir die vertaling gekry, maar dit is waarskynlik deur 'n groep geleerdes uitgevoer.

In die 5de eeu het die Gote dele van die Wes-Romeinse Ryk verower, insluitend Italië, Suid-Frankryk en Spanje. Die Gotiese Christendom het twee eeue lank in dié streke oorheers voor die stigting van die Katolieke Kerk en, in Italië, die massabekering van die Gote tot die Katolisisme in 589.

Moderne belang Al is net fragmente van die Gotiese Bybel oor, is dit die enigste omvattende dokument in 'n antieke Oos-Germaanse taal en een van die vroegste dokumente in enige Germaanse taal. Dit is dus van groot belang vir die bestudering van dié tale.

Die Onse Vader Hier volg die teks van die Onse Vader in die Gotiese Bybel, met 'n transliterasie in Latyn:

Verwysings

Bibliografie

Carla Falluomini (2015). The Gothic Version of the Gospels and Pauline Epistles: Cultural Background, Transmission and Character. Berlin: de Gruyter. . H. C. von Gabelentz, J. Loebe, Ulfilas: Veteris et Novi Testamenti Versionis Gothicae fragmenta quae supersunt, Leipzig, Libraria Schnuphasiana, 1843.

Wilhelm Streitberg (ed.), Die Gotische Bibel (1908), Heidelberg: Universitätsverlag C. Winter, 2000, (7th edition)

Skakels

Kategorie:Bybel Kategorie:Oos-Germaanse tale Kategorie:Middeleeue