The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford (2007) is 'n Amerikaanse Wilde Weste- en dramarolprent. Die rolprent is deur Andrew Dominik geregisseer; Brad Pitt vertolk die rol van Jesse James en Casey Affleck dié van Robert Ford. Die rolprent is in Calgary, Edmonton, en Winnipeg verfilm. Die rolprent is aanvanklik beplan om in 2006 vrygestel te word, maar die vrystellingsdatum is na 21 September 2007 uitgestel om tyd te gun vir herafwerking en wysigings. Terwyl die rolprent verteenwoordigers van historiese figure bevat, dramatiseer dit hoofsaaklik die verhouding tussen James en Ford. Die rolprent word as een van die mees histories akkurate weerspieëlings van Jesse James en Robert Ford geag. Selfs James se afstammelinge het die optredes meer realisties en waar, as die dosyne weergawes wat hierdie rolprent voorafgegaan het, gevind.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Wilde Weste-rolprente