William Bradley "Brad" Pitt (* 18 Desember 1963 in Shawnee, Oklahoma) is 'n Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. Hy word as een van die wêreld se aantreklikste mans geag en sy nie-beroepslewe word wyd gepubliseer. Pitt het twee Academy-benoemings ontvang en een Golden Globe uit vier benoemings gewen.
Persoonlike lewe duimnael|Angelina Jolie en Pitt in 2007 Pitt het uitgegaan en was verloof aan Gwyneth Paltrow tussen 1994 en 1997.
Pitt het Friends aktrise Jennifer Aniston in 1998 ontmoet en is op 29 Julie 2000 met haar getroud in Malibu, Kalifornië. In Januarie 2005 is Pitt en Aniston geskei. Pitt en Aniston se skeisaak was finaal afgehandel 2 Oktober.
Tydens Pitt se skeisaak het hy verlief geraak op Mr. & Mrs. Smith medester Angelina Jolie. Op 11 Januarie 2006, kondig Jolie aan dat sy swanger is met Pitt se kind, daarmee kondig hulle hul verhouding vir die eerste keer in die openbaar aan. Pitt en Jolie kondig hulle verlowing op April 2012 aan, na sewe jaar saam. Hulle is getroud op 23 Augustus 2014, in Frankryk. Op 19 September 2016 het Jolie aansoek gedoen om te skei.
Kinders Maddox Chivan Jolie-Pitt: ; aangeneem 10 Maart 2002 deur Jolie Pax Thien Jolie-Pitt: ; aangeneem 15 Maart 2004 deur Jolie Zahara Marley Jolie-Pitt: ; aangeneem 6 Julie 2005 deur Jolie Shiloh Nouvel Jolie-Pitt: in Swakopmund, Namibië Knox Léon Jolie-Pitt en Vivienne Marcheline Jolie-Pitt (tweeling):
Jolie het geboorte geskenk aan Shiloh Nouvel in Swakopmund, Namibië, op 27 Mei 2006. Pitt het bevestig dat hul pasgebore dogter kwalifiseer vir 'n Namibiese paspoort.
Filmografie Rolprente 1991: Thelma & Louise 1992: A River Runs Through It 1993: Kalifornia 1993: True Romance 1994: Interview with the Vampire 1994: Legends of the Fall 1995: Seven 1995: 12 Monkeys 1996: Sleepers 1997: Seven Years in Tibet 1998: Meet Joe Black 1999: Fight Club 2000: Snatch 2001: The Mexican 2001: Spy Game 2001: Ocean's Eleven 2004: Troy 2004: Ocean's Twelve 2005: Mr. & Mrs. Smith 2006: Babel 2007: The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford 2007: Ocean's Thirteen 2008: Burn After Reading 2008: The Curious Case of Benjamin Button 2009: Inglourious Basterds 2010: Megamind 2011: The Tree of Life 2011: Moneyball 2012: Killing Them Softly 2013: World War Z 2013: 12 Years a Slave 2014: Fury 2015: The Big Short 2016: Allied 2017: War Machine 2019: Ad Astra 2019: Once Upon a Time in Hollywood
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu