Roella goodiana is 'n klein tot medium struik wat deel van die Campanulaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Die enigste bevolking kom in die Wes-Kaap, op die Kaapse Skiereiland in die Klawervallei digby Simonstad, voor. Die spesie is deel van die fynbos. Die spesie blom in Februarie en word bedreig deur indringerplante en ontwikkeling.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

goodiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika