Die geelblombiesie (Bobartia orientalis) is 'n wortelagtige geofiet wat deel van die Iridaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap, vanaf Riviersonderend tot by die Groot-Keirivier, voor. Daar is ook geïsoleerde bevolkings op die Swartberg in die Klein-Karoo en op die Gamkaberg. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 82 371 km² maar het reeds 19% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en infrastruktuur ontwikkeling. Die spesie blom van September tot November en is deel van die fynbos en Albanie-ruigte.

Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Bobartia orientalis subsp. occidentalis Strid Bobartia orientalis subsp. orientalis

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

orientalis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika