Die ystervarkriet (Bobartia rufa) is 'n wortelagtige geofiet wat deel van die Iridaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, vanaf die Pakhuispas in die Sederberg, oor die Kouebokkeveldberge en Olifantsrivierberge to by die Piketberg en die Hexrivierberge, voor. Die spesie blom van September tot November en is deel van die fynbos.

Die spesie staan ook as die stalbiesie en ystervarkriet bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

rufa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika