Tawanda Jethro Maswanhise (gebore 20 November 2002) is ’n Zimbabwiese sokkerspeler wat as middelvelder of vleuel speel vir die Skotse Premiership-klub Motherwell en die Zimbabwiese nasionale span.

Hy het sy loopbaan in die jeugakademie van die Engelse klub Leicester City begin en het ’n paar wedstryde vir die eerste span gespeel. Op 18 Augustus 2024, nadat hy by verskeie klubs op proef was, het hy na Skotland verhuis.

Maswanhise is bekend vir sy dribbelvernuf, iets wat hy by die Afrikanasiesbeker in 2025 ten toon gestel het toe hy ’n solo-doel teen Bafana Bafana aangeteken het.

Verwysings

Kategorie:Zimbabwiese sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 2002 Kategorie:Lewende mense