Die Afrikanasiesbeker 2025, kortliks bekend as die 2025 AFCON en weens borgskapredes as die TotalEnergies 2025 Afrika Beker van Nasies, was die 35ste uitgawe van die tweejaarlikse Afrika Beker van Nasies-toernooi wat deur die Konfederasie van Afrikasokker (CAF) georganiseer word.
Die toernooi word veral onthou vir die chaotiese eindstryd waarin die gasheer, Marokko, in die doodsnikke ’n strafskop gekry het en die Senegalese span uit protes teen die skeidsregter se besluit van die veld afgestap het. Nadat die Senegalese span teruggekeer het, het die toernooi se topdoelskieter, Brahim Díaz, die bal in die arms van die Senegalese doelwagter geskiet, en Pape Gueye het daarna die wedstryd met ’n kanonskoot in ekstra tyd beslis.
Op 17 Maart 2026 het die appèlraad van die Konfederasie van Afrikasokker beslis dat Senegal van hul 2025 Afrikabeker-titel ontneem word weens die chaotiese tonele tydens die eindstryd.
Toewysing
Die toernooi was oorspronklik beplan om in Guinee gespeel te word, maar op 30 September 2022 het die CAF-president, Patrice Motsepe, aangekondig dat Guinee van die 2025-uitgawe gestroop is weens swak voorbereiding en stadige vordering met die reëlings. Gevolglik is ’n nuwe proses geopen om ’n plaasvervangende gasheer te kies. Op 27 September 2023 is die 2025-toernooi aan Marokko toegeken, en die 2027-uitgawe aan Kenia, Tanzanië en Uganda.
Kwalifikasie
Die kwalifiserende wedstryde is tussen 20 Maart en 19 November 2024 gespeel, beginnende met die voorronde (20–26 Maart 2024) en daarna die groepfase (2 September–19 November 2024). Die trekking vir die voorronde is op 20 Februarie 2024 by die CAF-hoofkwartier in Kaïro, Egipte, gehou. Die agt betrokke nasionale spanne is op grond van die FIFA-wêreldranglys van 15 Februarie 2024 in twee potte van vier elk gekeur, terwyl Eritrea en die Seychelle van die kwalifisering uitgesluit is. Die agt spanne is in vier tweestryde verdeel wat in ’n tuis-en-weg tweeledige formaat gespeel is. Die vier wenners (Tsjad, Eswatini, Liberië en Suid-Soedan) het na die groepfase deurgedring om by die 44 spanne aan te sluit wat direk ingeskryf het. Die trekking vir die groepfase het op 4 Julie 2024 in Johannesburg, Suid-Afrika, plaasgevind. Die 48 nasionale spanne is in twaalf groepe van vier elk verdeel, bestaande uit die 44 spanne wat direk ingeskryf het, tesame met die vier wenners van die voorronde, en is in vier potte van twaalf elk geplaas op grond van die Junie 2024 FIFA-wêreldranglys.
Gekwalifiseerde spanne Die volgende 24 spanne het vir hierdie uitgawe gekwalifiseer; almal het voorheen aan die toernooi deelgeneem. Marokko, die gasheerland, het in die kwalifiserende rondes in Groep B gespeel ten spyte daarvan dat hulle outomaties gekwalifiseer het. Ghana, viervoudige Afrika-kampioene, het nie gekwalifiseer nie nadat hulle laaste in Groep F geëindig het, en het sodoende vir die eerste keer sedert 2004 die Afrikabeker-toernooi misgeloop. Tunisië het vir die 22ste keer gekwalifiseer en hul rekord vir opeenvolgende deelname verleng, en bereik nou die toernooi vir die 17de keer agtereenvolgens, sonder om sedert 1994 afwesig te wees. Comore, Gaboen, Soedan en Zimbabwe het na die vastelandstoernooi teruggekeer nadat hulle die toernooi van 2023 gemis het. Benin en Uganda het ook teruggekeer ná bykans vyf jaar se afwesigheid. Botswana het vir die tweede keer gekwalifiseer ná hul eerste deelname in 2012. Kaap Verde, Gambië, Guinee, Guinee-Bissau, Mauritanië en Namibië het nie gekwalifiseer nie nadat hulle in 2023 deelgeneem het. SpanMetode vankwalifikasieDatum vankwalifikasieVorige beste prestasie20ste2023 (1976)14de2023 (2013)22ste2023 (1984, 1988, 2000, 2002, 2017)21ste2023 (1990, 2019) DR Kongo21ste2023 (1968, 1974)18de2023 (2021)27ste2023 (1957, 1959, 1986, 1998, 2006, 2008, 2010)10de2023 (2008, 2010, 2023)5de2023 (2015)26ste2023 (1992, 2015, 2023)9de2021 (1996, 2012)8ste2019 (1978)12de2023 (1996)22ste2023 (2004)21ste2023 (1980, 1994, 2013)14de2023 (1972)19de2023 (2012)6de2021 (2004, 2006, 2017, 2019, 2021)2de2021 (2021)10de2021 (1970)5de2019 (2019)4de2023 (1980, 2019, 2023)2de2012 (2012)6de2023 (1986, 1996, 1998, 2010, 2023)
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep‑ en die uitklopfase. Die loting vir AFCON 2025 is op 27 Januarie 2025 gehou en die groepfase vind van 21 tot 31 Desember 2025 plaas.
Die afskoptye vir die wedstryde word in UTC+01:00 aangedui.
Groepfase 24 spanne neem aan die groepfase deel. Die boonste twee spanne in elke groep en die vier beste derde plekke dring na die uitklopfase deur.
Groep A Land321061+57303022±03302102–22302114–32
Groep B Land321031+27320154+16302123–12301246–21
Groep C Land330084+49311165+14302134–12301237–41
Groep D Land321071+67321051+47310214–33300307–70
Groep E Land220040+46210122±03210113–23200213–20
Groep F Land211021+14211021+14210133±03200224–20
Ranglys van die derde plek spanne LandGroepF310245–13D310214–33E310215–43C302134–12B302123–12A302102–22
Uitklopfase
Agtste eindrondte
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Afrikanasiesbekerkampioen 2025
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Sport in 2025 Kategorie:Sport in 2026 2025