thumb|links|290px|Die aktrise Miriam Shor en skepper, Darren Star, gesels in 2017 op TV.

Younger is 'n Amerikaanse komediedrama vir televisie wat deur Darren Star geskep en vervaardig is. Dit is geskoei op die roman van 2005 met dieselfde naam deur Pamela Redmond Satran. Die première van dié enkelkamerareeks was op 21 Maart 2015 op TV Land en het oor die algemeen goeie resensies gekry. In Julie 2019 het TV Land die reeks vir 'n sewende en laaste seisoen hernu, wat dit die langste oorspronklike reeks in die netwerk se geskiedenis gemaak het.

Van die hoofakteurs daarin is Sutton Foster, Debi Mazar, Miriam Shor, Nico Tortorella, Hilary Duff, Peter Hermann en Charles Michael Davis.

Storielyn Die dramakomedie speel in New York af en gaan oor die persoonlike en professionele lewe van die pasgeskeide 40-jarige enkelma Liza Miller, wat noodgedwonge weer moet gaan werk om vir haar dogter, Caitlin, se studies te betaal. Sy probeer weer 'n werk in die uitgewersbedryf kry, maar besef sy het met die tegnologie agtergeraak in die tyd dat sy nie gewerk het nie om haar dogter groot te maak. Ná 'n kompliment van 'n sexy tatoekunstenaar in 'n kroeg en met die hulp van haar woonstelmaat besluit sy om voor te gee sy is 26 om 'n werk as assistant te kry. Liza besef gou hoe moeilik dit is om haar twee lewens apart te hou, want hulle bots gereeld.

Rolverdeling Hoofkarakters Sutton Foster as Liza Miller, 'n 40-jarige geskeide ma Debi Mazar as Maggie Amato, Liza se lesbiese kunstenaarsvriendin en woonstelmaat Miriam Shor as Diana Trout, Liza se temperamentele baas, wat die bemarkingshoof van Empirical Press is Nico Tortorella as Josh, 'n 26-jarige tatoekunstenaar wat sy eie ateljee besit Hilary Duff as Kelsey Peters, 'n 26-jarige boekredakteur by Empirical Press wat met Liza bevriend raak nadat sy en Liza saam begin werk Molly Bernard as Lauren Heller, Kelsey se 26-jarige vriendin Peter Hermann as Charles Brooks, hoof en erfgenaam van Empirical Press

Ander Tessa Albertson as Caitlin Miller, Liza se dogter Paul Fitzgerald as David Taylor, Liza se eksman en Caitlin se pa Dan Amboyer as Thad en Chad Weber, tweelingbroers wat vreemd optree; Thad was Kelsey se kêrel tot met sy dood Charles Michael Davis as Zane Anders, 'n boekredakteur by Rivington wat met Kelsey meeding Jennifer Westfeldt as Pauline Turner-Brooks, Charles se eksvrou wat glo hulle kan versoen raak Reeksoorsig

Ontvangs Younger het goeie resensies gekry. Op Rotten Tomatoes het die eerste seisoen 'n goedkeuringsyfer van 97% gekry, gebaseer op 37 resensies, en 'n gemiddelde punt van 7,6/10. Die webtuiste se konsensus lui: "Darren Star se pittige skryfwerk en Sutton Foster se charisma help Younger verhef bo sommige van TV Land se vorige sitkoms." Op Metacritic het die eerste seisoen 'n punt van 75 uit 100 gekry, gebaseer op 20 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.

Brian Lowry van Variety gee die reeks 'n hoofsaaklik positiewe resensie en beskryf dit as "nie perfek nie, maar hoogs kykbaar". Hy wys daarop dat daar "stereotiepe aspekte aan albei kante van die ouderdomsgaping is", maar die reeks herstel elke keer.

Op die tydskrif New York se webtuiste, Vulture.com, skryf Margaret Lyons ook meestal positief oor Younger. Sy sê sy wens die reeks het 'n langer eerste seisoen gehad, want dit sou beter gevaar het as 'n rolprentlengte- romantiese komedie. Megan Garber skryf in The Atlantic die reeks is snaaks, maar nie slim nie; genotvol, maar nie diep nie. "En anders as sy skepper, Darren Star, se vorige verkenning van ouderdom en seksualiteit, Sex and the City, gee dit diep insigte in die kultuur van die oomblik."

Tom Conroy van Media Life Magazine kritiseer die reeks hoofsaaklik oor die uitbeelding van Sutton Foster se karakter as iemand met "vroeë middeljarige onkunde". Jonathan Alexander skryf egter in die Los Angeles Review of Books dat "Younger deels werk omdat dit spreek tot beide millennials, wat dikwels uitgebeeld word as hip en hardwerkend, skeppend en grootmoedig, asook tot die laat Gen-Xers, wat in die gesig gestaar word deur 'n korporatiewe en verbruikerswêreld wat lyk of dit van hulle vergeet in sy strewe om te voorsien in die behoeftes, smake en belange van 'n jonger (en talryker) generasie."

Die sewende en laate seisoen is ook goed deur resensente ontvang. Nicole Galluci van Mashable skryf: "Die episodes is so vermaaklik soos altyd, en al is dit seldsaam vir finale seisoene, is dit vir my moeilik om te vergeet van dit feit dat dié reeks nog soveel het om te bied."

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse