Die Pantanal (Portugees: [pɐ̃taˈnaw]; Spaans: [pantaˈnal]; letterlik "moeras", afgelei van Portugees: pântano) is beide die grootste binnelandse vleiland en die grootste oorstroomde grasvelde wêreldwyd. Die grootste deel is in die Brasiliaanse deelstaat Mato Grosso do Sul geleë met kleiner dele in Mato Grosso en die buurlande Bolivië en Paraguay. Dit beslaan volgens skattings tussen 140 000 en 195 000 km². Daar bestaan verskeie substreekse ekosisteme, elkeen met duidelike hidrologiese, geologiese en ekologiese eienskappe; tot twaalf van hulle is gedefinieer. Susan Mcgrath, beelde deur Joel Sartore (Augustus 2005) "Brazil's Wild Wet", National Geographic Magazine.
duimnael|links|Ligging van die Pantanal in Suid-Amerika duimnael|links|Lugbeeld van die Pantanal tydens reënseisoen Gedurende die reënseisoen is die Pantanal vir sowat ses maande volledig oorstroom, wat 'n biologies uiteenlopende versameling waterplante koester en 'n groot verskeidenheid dierspesies ondersteun.
Die Pantanal is in 'n riviervallei met talle varswatermere (in die suide ook geïsoleerde soutwatermere – Salinas genoem) geleë, wat deur talle riviere gevoed word en deur die Río Paraguay, die hoofrivier wat die gebied voed en dreineer, deurvloei word. Die binnedelta word deur talle meanders deurvloei, wat gedurende die reënseisoen en wanneer die Río Paraguay in vloed is die grootste deel van die riviervallei oorstroom. Klaus Heine, Das Quartär in den Tropen, 2019, bl. 295 Ook gedurende die oorgangs- en droë seisoene bly die humiditeit baie hoog.
Die spesieryke vleilandhabitat is as deel van die Pantanal-bewaringskompleks tot natuurbewaringsgebied verklaar en in 2000 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Nogtans word sy voortbestaan deur menslike aktiwiteite soos beesteling, landbou, industrialisasie en kleinskaalse mynbou (veral goud) ernstig bedreig.
Sien ook Lys van Wêrelderfenisgebiede
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Bolivië Kategorie:Geografie van Paraguay Kategorie:Mato Grosso Kategorie:Mato Grosso do Sul Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Brasilië