Die Suidelike Gemeenskaplike Mark (Spaans: Mercado Común del Sur, afgekort Mercosur; Portugees: Mercado Comum do Sul, afgekort Mercosul; Guaraní: Ñemby Ñemuha) is 'n internasionale organisasie van vyf Suid-Amerikaanse lande wat 'n binnemark tussen sy lidlande geskep het. Die grondslag vir Mercosur is in 1991 met die Verdrag van Asunción en in 1994 met die Protokol van Ouro Preto gelê. Argentinië, Bolivië, Brasilië, Paraguay en Uruguay is volle lede, terwyl Chili, Colombia, Ecuador, Guyana, Panama, Peru en Suriname geassosieerde lande is. Venezuela is ook 'n volle lid, maar sedert 1 Desember 2016 geskors. Die hoofkantoor van Mercosur is in Montevideo, Uruguay, gesetel.
duimnael|links|Hoofkantoor van Mercosur in Montevideo, Uruguay Saam met die Andesgemeenskap is Mercosur een van die twee belangrike Suid-Amerikaanse handelsblokke. Die volle lede Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay is ook die stigtingslede van die Suidelike Gemeenskaplike Mark en op 8 Julie 2024 het Bolivië 'n volle lid geword. Mercosur en die Andesgemeenskap (Bolivië, Colombia, Ecuador en Peru) het in 1999 begin onderhandel oor die samesmelting van die twee organisasies. Op 8 Desember 2004 is die nuwe organisasie gestig as die Suid-Amerikaanse Stategemeenskap, 'n vryhandelsone soortgelyk aan die Europese Unie.
Die internasionale organisasie is op 26 Maart 1991 met die ondertekening van die Verdrag van Asunción gestig. Vandag is dit 'n binnemark wat sowat 15 000 000 km² beslaan met 'n bevolking van byna 300 000 000. Mercosur het in 2019 'n bruto binnelandse produk van sowat $6,7 miljard gegenereer. Die uitvoere se waarde het in 2020 $400 miljard en dié van die invoere sowat $330 miljard beloop.
Lidlande duimnael|links|Lidlande van Mercosur: duimnael|links|Die eksklusiewe ekonomiese sone van Mercosur Datum Geskiedenis van Mercosur-lidmaatskap No. 26 Maart 1991 , , en 4 28 Junie 2012 5 8 Julie 2024 6
Geskorste lede (2016)
Geassosieerde lede (1996) (2004) (2004) (2013) (2024) (2003) (2013)
Waarnemende lede
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Amptelike tuisblad
Kategorie:Bolivië Kategorie:Ekonomie van Brasilië Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Paraguay Kategorie:Politiek van Argentinië Kategorie:Politiek van Brasilië Kategorie:Uruguay