Die Estádio da Luz (Portugees: [ɨˈʃtaðju ðɐ ˈluʃ]; amptelik die Estádio do Sport Lisboa e Benfica) is ’n veeldoelige stadion in Lissabon, Portugal. Dit word hoofsaaklik vir sokkerwedstryde gebruik en is die tuiste van die Portugese klub Benfica, wat dit besit, asook die Portugese nasionale span vir belangrike wedstryde. Die Portugese naam Estádio da Luz beteken in Afrikaans “Ligstadion” of “Stadion van die Lig”.
duimnael|links|Die Estádio da Luz se ingang met Benfica se arend tydens die Europese Kampioenskap 2004 duimnael|links|Buiteaansig van die Estádio da Luz in 2013 Die stadion is op 25 Oktober 2003 geopen met ’n vertoonwedstryd tussen Benfica en die Uruguaanse klub Nacional en het die oorspronklike Estádio da Luz vervang, wat ’n kapasiteit van 120 000 gehad het (sommige wedstryde teen Porto is glo deur 140 000 toeskouers bygewoon). Die nuwe stadion het ’n kapasiteit van 68 100. Dit is ontwerp deur HOK Sport Venue Event (nou Populous) teen ’n koste van €160 miljoen, waarvan €22,6 miljoen deur die Portugese regering vir die Europese Kampioenskap 2004 (Euro 2004) ondersteun is.
As ’n UEFA-kategorie 4 stadion en een van die grootstes in Europa (en die grootste in Portugal), het die Estádio da Luz verskeie wedstryde tydens Euro 2004 aangebied (insluitend die eindstryd waar Cristiano Ronaldo troosteloos was nadat Portugal verrassend met 0–1 teen Griekeland verloor het) sowel as die UEFA Champions League-eindstryde van 2014 (waar Cristiano Ronaldo ná ’n laat strafdoel gespog het met sy spiere toe Real Madrid vir Atlético Madrid geklop het) en 2020 (waar Bayern München vir Paris Saint-Germain geklop het voor leë tribunes weens die Covid-19-pandemie). In 2014 is dit in ’n aanlynopname deur die Franse sportkoerant L’Équipe as die mooiste stadion in Europa aangewys.
Estádio da Luz sal ook as een van die stadions tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 gebruik word, wat Portugal saam met Marokko en Spanje sal aanbied.
Onder die musikante wat op die stadion opgetree het, val Rammstein en Taylor Swift uit. Van 28–30 Junie 2019 is die Internasionale Konvensie van Jehovah se Getuies by die stadion gehou. In Julie 2026 het die verouderde Iron Maiden op die stadion opgetree.
Wedstryde Europese Sokkerkampioenskap 2004 DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 13 Junie 2004 2–1 Groep B 62 487 16 Junie 2004 0–2 Groep A 59 273 21 Junie 2004 2–4 Groep B 57 047 24 Junie 2004 2–2 (6–5 n.S.) Kwarteindrondte 62 564 4 Julie 2004 0–1 Eindstryd 62 864
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Lissabon Kategorie:Sokkerstadions in Portugal Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions