Vir die dorp met dieselfde naam sien : Chrissiesmeer (dorp)

Chrissiesmeer is 'n meer in die Panneveld van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit, Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 'n vlak en groot meer, met 'n maksimum diepte van ongeveer 6 meter, en is 9 kilometer lank en 3 kilometer breed. Die meer is vernoem na Christiana Pretorius, dogter van Marthinus Wessel Pretorius, die eerste president van die Boere- Transvaalse Republiek.Chrissiesmeer Die meer staan ook informeel as Matotoland bekend, wat "land van paddas" beteken. Die Swazi-naam is Kachibi, wat "groot meer" beteken, en die Sotho-naam is Seokodibeng, wat die "plek van baie waters" beteken.

'n Bekende slag van die Tweede Vryheidsoorlog het op 6 Februarie 1901 by Chrissiesmeer plaasgevind.

Die meer is net suid van die N17 nasionale pad.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Encyclopædia Britannica-inskrywing oor "Lake Chrissie" Chrissiesmeer by Roetes Reisinligting

Kategorie:Mere in Suid-Afrika Kategorie:Koördinate op Wikidata