duimnael|'n Klein orrery wat die Aarde en die binneplanete uitbeeld. 'n Orrery is 'n meganiese model van die Sonnestelsel wat die relatiewe posisies en bewegings van die planete en mane uitbeeld of voorspel, gewoonlik volgens die heliosentriese model. Die antieke Grieke het reeds werkende planetaria gehad, maar die eerste model wat 'n orrery genoem is, is rondom 1712 deur John Rowley gebou. Hy het dit "orrery" genoem ter ere van sy beskermheer, Charles Boyle, 4de Graaf van Orrery (in County Cork, Ierland). Compare:
Orreries word tipies aangedryf deur 'n klokwerkmeganisme met 'n sfeer wat die Son in die middel voorstel en met planete wat deur 'n reeks arms in plek gehou word rondom die middel. Met so 'n model is dit wel moontlik om die relatiewe groottes van hierdie liggame in verhouding met mekaar voor te stel, maar dit kan onprakties raak omdat die verskil in die werklike grotes so groot is. Jupiter is amper 30 keer groter in deursnee as Mercurius, en die son 285 keer groter as Mercurius.
Geskiedenis duimnael|Die Antikythera-meganisme van Athene, c. 205 tot 87 v.C. Die oudste bekende orerry is Antikythera-meganisme wat in 1901 in 'n wrak naby die Griekse eiland Antikythera in die Middellandse See ontdek is. Dit het die beweging van die Son, Maan en die vyf planete wat aan die antieke Grieke bekend was, vertoon. Dit is waarskynlik tussen 205 en 87. v.C. gebou. Dit was geosentries (met die aarde in die middel) en is soos 'n meganiese sakrekenaar gebruik om die posisies van die planete te bereken. duimnael|Carlo G Croce, rekonstruksie van Dondi se Astrarium, oorspronklik tussen 1348 en 1364 in Padua gebou.
In 1348 het Giovanni Dondi die eerste bekende klokaangedrewe (nie handgedrewe) model van die planete gebou. Dit vertoon die ekliptiese posisie van die Maan, Son, Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus volgens die ingewikkelde geosentriese Ptolemaïese planetêre teorieë. Die klok self is verlore, maar Dondi het 'n volledige beskrywing van sy ontwerp agtergelaat. duimnael|Die planetarium wat deur Eise Eisinga van 1774 tot 1781 in sy sitkamer gebou is, is sover bekend die oudste funksionele planetarium ter wêreld. duimnael|'n Benjamin Martin Orrery uit 1766, in gebruik by Harvard
Benamings Alle orreries is streng gesproke planetariums. Die woord planetarium het 'n betekenisverskuiwing ondergaan en verwys deesdae gewoonlik na teaters waarin beelde van die naghemel op 'n hemisferiese skerm geprojekteer word. Die term orrery het eers in 1714 tot stand gekom. Orreries kan wyd in grootte wissel, van handgrote tot so groot soos 'n kamer, en selfs groter. 'n Orrery word gebruik om die beweging van die planete te demonstreer, terwyl 'n meganiese toestel wat gebruik word om sonsverduisterings, maansverduisterings en oorgange te voorspel, 'n astrarium genoem word.
'n Orrery sluit gewoonlik minstens die Son, die Aarde en die Maan in, met die ander planete opsioneel. 'n Model wat slegs die Aarde, die Maan en die Son insluit, word 'n tellurion of tellurium genoem, en een wat slegs die Aarde en die Maan insluit, is 'n lunarium. 'n Jovilabe is 'n model van Jupiter en sy mane. 'n "Grand orrery" is een wat ook al die buitenste planete insluit. +Sleutelstatistieke van planete Planeet Gemiddelde afstand vanaf Son (Astronomiese Eenheid) Deursnee (in Aardsdeursneë) Massa (in Aardemassas ) Digtheid (g/ cm³ ) Aantal bekende mane Orbitale periode (Aardjare) Inklinasie tot die ekliptika (grade) Aksiale kanteling (grade) Rotasieperiode (sideriese) Mercurius 0.39 0.38 0.05 5.5 0 0.24 7.0° 0° 59 dae Venus 0.72 0.95 0.82 5.3 0 0.62 3.4° 177° –243 dae Aarde 1.00 1.00 1.00 5.5 1 1.00 0° 23° 23.9 uur Mars 1.52 0.53 0.11 3.9 2 1.88 1.9° 25° 24.5 uur Jupiter 5.20 11.21 317.9 1.3 97 11.9 1.3° 3° 10 uur Saturnus 9.54 9.45 95.2 0.7 274 29.5 2.5° 27° 11 uur Uranus 19.2 4.01 14.5 1.3 29 84 0.8° 98° −17 uur Neptunus 30.1 3.88 17.1 1.6 16 165 1.8° 28° 16 uur
Verwysings
Eksterne skakels JPL Sonnestelsel Simulator Long Now Stigting Orrery Universiteit van Pennsilvanië Orrery
Kategorie:Sterrekundige instrumente