Marais Kruger is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert November 2025 as die uitvoerende burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit dien. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie. Lewensloop Kruger het aan Hoërskool Outeniqua in George gematrikuleer. Hy het 'n diploma in finansies van Moonstone Besigheidskool behaal en studeer tans vir sy sertifikaat in munisipale bestuur aan die Universiteit Stellenbosch se skool van openbare leierskap.
Kruger het in 2021 by die Demokratiese Alliansie aangesluit en is tydens die munisipale verkiesing in November daardie jaar tot die George-stadsraad verkies. In November 2023 is hy as die burgemeesterskomiteelid vir finansies aangewys. Kruger is aan die einde van Februarie 2025 as die burgemeesterskomiteelid vir finansies deur George burgemeester Jackie von Brandis afgedank. Hy is daarna in April 2025 as die hoofsweep van die munisipale raad van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit verkies.[https://www.facebook.com/gardenroutedm/posts/the-garden-route-district-municipality-council-today-23-april-2025-elected-cllr-/1107416398093121/ The Garden Route District Municipality Council today, 23 April 2025, elected Cllr Marais Kruger from the Democratic Alliance (DA), as the Whip of Council during an Ordinary Council Meeting. Cllr Vinolia Gungubele was also nominated. The position was previously held by Cllr Monique Simmers, however, she was recently redeployed to George Municipality where she now serves as the MMC for Refuse, Environmental and Parks.]
Tydens 'n raadsitting op 11 November 2025 is Kruger as die burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit verkies. Hy het vir Andrew Stroebel opgevolg.
Verwysings
Eksterne skakels Profiel op George Plaaslike Munisipaliteit se webtuiste Executive Mayor
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters