Schalk van Eeden (gebore 24 Junie 1958) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en boer wat sedert Augustus 2020 as die burgemeester van die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit in die Kaapse Wynlande dien. Van Eeden is 'n lid van die Demokratiese Alliansie. Lewensloop Van Eeden is op 24 Junie 1958 op 'n plaas genaamd Mardouw buite Swellendam gebore. Hy het aan Paarl Gimnasium gematrikuleer en daarna 'n jaar van diensplig voltooi voordat hy vir 'n diploma in landbou aan Elsenburg Landbou-kollege gestudeer het. Hy het in 1979 na die familieplaas teruggekeer om saam met sy vader te boer. Die plaas is later verkoop en Van Eeden het die nuwe eienaar gehelp om 48,000 olyfbome te plant.

In 2000 is Van Eeden as die raadslid vir Bonnievale verkies. Hy is na die 2016-verkiesing as speaker van die stadsraad van die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit verkies. Nadat burgemeester Henry Jansen in Julie 2020 aan Covid-19 oorlede is, is Van Eeden as sy opvolger tydens 'n raadsitting 'n maand later verkies. Van Eeden is vir volle termyn as burgemeester na die munisipale verkiesing in November 2021 verkies. Verwysings

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters