regs|duimnael|Olesya hardloop in Pinetown tydens die 2014 Comrades-marathon Olesya Leonidovna Nurgalieva (gebore 9 Januarie 1976 in Perm-krai; ) is 'n Russiese ultramaratonatleet wat voorheen gereeld in Suid-Afrika kom hardloop het. Sy het die Twee Oseane-maraton drie keer en die Comrades-maraton twee keer gewen, en saam met haar identiese tweelingsuster Elena Nurgalieva het sy die Comrades en Twee Oseane, Suid-Afrika se belangrikste ultramaratons, van 2003 tot 2014 oorheers.
Ultramaraton-loopbaan Nurgalieva het die 42,2 km Honolulu-maraton in 2005 gewen, die 56 km Twee Oseane-maraton in 2008, 2010 en 2011, en die Comrades-maraton in 2007 en 2009. Jaarlikse uitslae: Comrades-maraton Jaar Rigting Tyd Posisie 2014 Af 06:24:51 3 2013 Op 06:28:07 2 2012 Af Onttrek n.v.t. 2011 Op 06:24:36 2 2010 Af 06:13:05 2 2009 Af 06:12:12 1 2008 Op 06:15:52 2 2007 Af 06:10:03 1 2005 Af 06:10:40 2 2004 Op 06:20:32 4 2003 Af 06:12:08 2
Verwysings
Eksterne skakels Olesya Nurgalieva by World Athletics
Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Russiese sportlui Kategorie:Comrades-marathon-vrouewenners