Oh Schucks....It's Schuster! is 'n Suid-Afrikaanse komedie rolprent uit 1989 en deur een van Suid-Afrika se versteekte kamera ("candid camera") konings, Leon Schuster. Die rolprent is opgevolg met Oh Schucks..! Here Comes U*N*T*A*G, wat die losstaande poets-styl sketse van Oh Schucks....It's Schuster! met 'n meer narratiewe storielyn uitgebou het.
Tema In 'n reeks kort sketse gebruik Leon Schuster versteekte kameras en verskeie vermommings om die algemene publiek van Suid-Afrika te vermaak. Die sketse is klaarblyklik nie volgens 'n draaiboek opgevoer nie, maar probeer ongeveinsde, natuurlike reaksies van mense uitbeeld, en sluit in:
Die springende telefoon. Die slang in die koffer (wat in sy latere film Mr Bones gebruik is). Die Radio Jakaranda -uitsending wat weier om te doen wat die vervaardiger wil hê.
Rolverdeling
Leon Schuster Mike Van Der Berg Eddie Eckstein Ruda Landman Derek Watts Trudie Sloane Org Klein Hugo Taljaard Dawie Van Heerden Theo Conradie Frik Pieterse
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente