Lady Louise Alice Elizabeth Mary Mountbatten-Windsor (gebore 8 November 2003) is lid van die Britse koninklike familie. Sy is die oudste kind en enigste dogter van prins Edward, Hertog van Edinburg, en Sophie Rhys-Jones. Sy is gebore tydens die bewind van haar ouma aan vaderskant, koningin Elizabeth II, toe sy 8ste op die lys van Britse troonopvolgers was. Sy is nou 17de, ná haar broer, James, Graaf van Wessex.

Amptelike optredes thumb|220px|links|Lady Louise ry in Junie 2013 in 'n koets op die Britse Vaandelparade. In 2011, op sewejarige ouderdom, was Louise 'n blommemeisie op die troue van William, Prins van Wallis, en Catherine Middleton.

In Augustus 2018 het Louise en haar ma, Sophie, Hertogin van Edinburg, die eindstryd van die vrouehokkiewêreldbeker in Londen bygewoon. Die hertogin is die beskermpersoon van Engeland-hokkie. Om Louise se 15de verjaarsdag in November 2018 te vier het ma en dogter 'n kameeverskyning op Strictly Come Dancing gemaak; hulle het uit die gehoor na die gewilde BBC-televisieprogram gekyk. In Desember 2018 het hulle die internasionale perdevertoning in Olympia, Londen, bygewoon.

In September 2020 het sy en haar gesin deelgeneem aan die Great British Beach Clean op die Southsea-strand in Hampshire.

thumb|240px|Louise in 2023 by die kroning van Charles III en Camilla. Ná die dood en begrafnis van haar oupa het Louise haar ouers op 11 April 2021 vergesel na die kerkdiens in die Royal Chapel of All Saints. Sy het ook die begrafnis op 17 April 2021 bygewoon. In Maart 2022 het Louise die gedenkdiens vir prins Philip bygewoon.

Sy het in Junie 2022 die Vaandelparade bygewoon, waar sy ook saam met haar familie op die balkon verskyn het, asook die Platinum Jubilee National Service of Thanksgiving en die Platinum Party at the Palace.

Ná die dood van haar ouma, koningin Elizabeth II, het sy, haar broer, James, Graaf van Wessex, en ses neefs en niggies op 8 September 2022 'n nagwaak om die koningin se kis in Westminster Hall gehou. Op 19 September het sy die begrafnis saam met haar gesin bygewoon.

Op 6 Mei 2023 het Louise die kroning van koning Charles III en koningin Camilla bygewoon. Op 7 Mei het sy die kroningskonsert in Windsor-kasteel bygewoon.

Titels, aanspreekvorme en eerbewyse Titels en aanspreekvorme Louise staan ampelik as "lady Louise Mountbatten-Windsor" bekend, hoewel die paleis haar ook al in sommige aankondigings "lady Louise Windsor" genoem het.

Louise het met haar geboorte outomaties 'n Britse prinses (prinses Louise van Wessex, nou prinses Louise van Edinburg) geword danksy die patentbrief van 1917 wat die titel "prins"/"prinses" en die aanspreekvorm "Koninklike Hoogheid" aan alle kleinkinders van 'n monarg in die manlike lyn toegeken het. Toe haar ouers trou, het Buckingham-paleis egter aangekondig hulle kinders sou die titels van 'n graaf se kinders hê, en nie dié van prins en prinses nie. In 2020 het Louise se ma herbevestig dat sy en haar broer die reg voorbehou om later hulle koninklike titels en aanspreekvorme te begin gebruik.

Eerbewyse In Junie 2008, ter erkenning van prins Edward se besoek aan die Kanadese provinsie Manitoba, is 'n meer in die noorde van die provinsie die Jamesmeer genoem, na haar broer, James. Louise is ook benoem met die Louisemeer in dieselfde provinsie.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Huis van Windsor