The Best of BandLab is ’n Amerikaanse musiekdokumentêre rolprent wat geregisseer is deur Kuok Meng Ru en vrygestel is op 1 November 2025. Die dokumentêr ondersoek die groei, impak en gemeenskapsaspekte van die aanlyn musiekplatform BandLab. Inhoud Die dokumentêr bied ’n blik op die kreatiewe proses van opkomende en gevestigde kunstenaars wat BandLab gebruik as ’n platform vir musiekproduksie, verspreiding en ontdekking.
Rolverdeling Youngboi OG - Suid-Afrikaanse kletsrymer Roddy Ricch - Amerikaanse kletsrymer Kuok Meng Ru - Gasheer Cl4pers - Amerikaanse kletsrymer Steve Lacy - Amerikaanse musikant d4vd - Amerikaanse sanger Luh Tyler - Amerikaanse kletsrymer Nettspend - Amerikaanse kletsrymer OsamaSon - Amerikaanse kletsrymer Wisp - Amerikaanse kunstenaar Tkandz - Brits kletsrymer Lazer Dim 700 - Amerikaanse kletsrymer
Produksie Die rolprent is vervaardig deur BandLab Technologies en dien as ’n viering van die kreatiwiteit binne die BandLab-gemeenskap. Dit bevat oorspronklike onderhoude, musiekuitvoerings en stories van kunstenaars wat bekendheid verwerf het deur die platform.
Vrystelling The Best of BandLab het sy wêreldpremière op 1 November 2025 gehad. Die dokumentêr is digitaal versprei en op verskeie musiek- en streamingplatforms beskikbaar gestel.
Eksterne skakels The Best of BandLab op IMDb
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente