Bedford is 'n dorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is tussen Cradock en Grahamstad geleë in die sogenaamde Smaldeel wat strek van Somerset-Oos tot by Fort Beaufort, en lê sowat 160 km van die Oos-Kaapse kus af.

Geskiedenis Die dorp is in 1854 op die plaas Maasstroom uitgelê, aan die voet van die Winterberge. Die plaas het aan Sir Andries Stockenström behoort. Hy was die adjunk-goewerneur van die Oos-Kaap en het die dorp na sy vriend, die Hertog van Bedford vernoem.

Opvoeding Bedford het twee skole. Die Hoërskool Templeton is in 1865 gestig en bied onderrig in Afrikaans en Engels van gr. R tot gr.12. Die leerderkorps is driekwart swart en sowat 'n kwart bruin met net 'n handvol wit leerders. Die Bedford Country School is Januarie 2009 begin om bekostigbare, Christelike gehalte-onderrig in Engels aan leerders van Bedford en die omliggende gebied te voorsien. Die skool strek van driejariges tot graaddries.

Distrik Die distrik is 2 600 km2 groot. Daar word met beeste, skape en perde geboer.

Bekende boorlinge Billy Millar – Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein. Samuel Cronwright – Kaapse politikus, skrywer en eggenoot van Olive Schreiner. Ds. Vidius Nel – predikant in talle gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Sir William Henry Solomon – 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika.

Fotogalery

Boorlinge

Sakegeboue

Openbare geboue

Woonhuise

Sien ook NG gemeente Glen Lynden Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Verwysings

Eksterne skakels Bedford se webtuiste Webtuiste van die Hoërskool Templeton

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap