duimnael|regs|200px|Iraniërs plaas blomme op Neda se graf
Neda Agha-Soltan, (Persies: ندا آقاسلطان - Nedā Āġā-Soltān; 14 September 1982 – 20 Junie 2009), was 'n jong Iranse vrou wat in die strate van Teheran aan betogings deelgeneem het teen die manipulasie van die Iranse presidentsverkiesings se uitslae deur president Mahmoud Ahmadinejad en die Opperste Leier ajatolla Ali Khamenei.
Sy is op 20 Junie 2009 doodgeskiet, volgens ooggetuies deur die Basij-milisie wat beheer word deur die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps. Die beelde van die sterwende vrou het via die internet en internasionale televisienuusdekking die wêreld geskok. Binne 'n dag het sy die gesig van die stryd vir vryheid en demokrasie in Iran geword.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Iraniërs Kategorie:Sterftes in 2009