Die Honnet-natuurreservaat in Limpopo is die tuiste van die Honnet-reus, ‘n kampioenboom.
Ligging Hierdie reservaat is by 22° 37′ 45″ suid, 30° 10′ 40″ oos, 549 m bo seespieël, aan die rand van Tshipise, 30 km van Musina en 50 km van Beitbrug.
Reservaat Die gebied van 1902 ha is op 8 September 1954 tot beskermde area verklaar. In die park word die inheemse plantegroei van die streek en veral die kremetartboom (baobab, Adansonia digitata) en die wilde-amandel word beskerm. Een van die grootste vyf kremetartbome in die land, die Honnet-reus, staan hier. Dit is nagenoeg 16 m hoog.
Bibliografie https://portal.environment.gov.za/PortalDownloads/PACA_Gazettes/PA/NR/Honnet_NR.pdf https://www.researchgate.net/publication/47295904_The_vegetation_and_identification_of_management_units_of_the_Honnet_Nature_Reserve_Northern_Province_South_Africa
Kategorie:Bome Kategorie:Natuurreservate in Limpopo