Die huis Oatlands in Makhanda is ‘n goeie voorbeeld van die 19de eeuse Georgiaanse boustyl.

Ligging Hierdie gebou is geleë by 33° 17′ 56″ suid, 26° 31′ 18″ oos en is huis nommer 10 in Caroline Close in die huidige middedorp.

Geskiedenis Aan die oudste seun van lord Charles Somerset en Britse soldaat en staatsamptenaar is aan Henry Somerset (*Londen, 30 Desember 1794 - †Gibraltar, 15 Februarie 1862) 296 morge buite die dorp toegeken. Hy bou in 1823 daarop hierdie huis bestaande uit 18 kamers om sy groot gesin te huisves. Die huis doop hy Oatlands na die verblyfplek van een van sy koninklike voorsate. Die gesin woon hier 30 jaar en ontvang hier Xhosa-hoofmanne en hou spoggerige onthale dikwels opgevrolik met klavierspel deur sy vrou Frances Sarah Heathcote. In 1852 word die huis verkoop toe Somerset na Bombaai verplaas word.

Monument Die besondere L-vormige huis met sy sinkplaatdak en opvallende ruim stoep is in 1977 tot kultuurmonument verklaar.

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Argitektuur